Share

Kasrils stem téén die ANC

Ronnie Kasrils, voormalige minister van intelligensie, gaan op 7 Mei as ’n “liefdesdaad” ’n stem uitbring téén die ANC.

Kasrils is woedend vir pres. Jacob Zuma oor die “korrupsieplaag” wat die ANC beduiwel – en hierin staan Nkandla sentraal.

Sy weersin eindig ook nie by Zuma nie. Dit is ook gerig op ’n “ongelooflik korrupte elite wat die ANC en SAKP uitverkoop het”.

“Jy kan mos nie wanneer jy na die verlede kyk net sê dis nou ons beurt om te eet noudat jy danksy die ANC aan die bewind is nie.

“Op die ANC-mashoof het altyd gestaan: ‘Diens aan al die mense en nie diens aan jouself nie.’

Etiek en moraliteit was voorop, asook die waardestelsel waarvolgens ons in die struggle grootgemaak is en die voorbeeld van ons voorgangers wat ons gevolg het. Dit was nie net die leiers nie, maar ook op voetsoolvlak,” sê Kasrils.

“Dit is wat ons voorgehou het aan ons mense, dat ons ’n stelsel omver kon werp wat gegrond was op uitbuiting en
rasse-oorheersing waar die minderheid die voorregte gehad het.

Dit was ’n stelsel wat ons gesê het korrup was, en ons sou dit vervang deur ’n beter Suid-Afrika vir almal in Madiba se termyn.

“Dié (huidige stand van sake) is dus skokkend. Die manier waarop almal die president se gunsteling wil wees en beloon wil word vir hul steun deur ’n minister gemaak te word of ’n lekker pos te kry, volg uit die soort korrupsie wat ons hier het,” meen Kasrils.

“Dit is gegrond op ’n waardestelsel en ’n mentaliteit dat die enigste manier van vorder is om jouself te verkoop, om transaksies vir jouself te sluit.

Ekonomiese vooruitgang en die voordele van swart ekonomiese bemagtiging is beperk tot ’n klein breukdeel van die samelewing.”

Is dit dan net Zuma se skuld?

“Mense sal jou vertel hy was ’n baie gewone ou, nie iemand wat blink motors en deftige klere gesoek het nie.”

Jy kon tog aan “al die verhoudings met vroue en die kinders” sien daar was “ambisie”.

Zuma het “baie drasties verander”.

“Hier is ’n man wat terugkom na Suid-Afrika (uit ballingskap), en dink net hoe bekommerd hy moes wees oor hoe hy vir al dié familielede gaan sorg.

En dan is daar al hierdie mense, kapitaliste, met geld in hul agtersak wat soos aasvoëls op die nuwe politieke leiers toesak.

“Party (leiers) was maar te gelukkig oor dié omhelsing, want dan hoef jy jou nie te bekommer oor die wolf by die deur, oor hoe jy die rekeninge gaan betaal, jou kinders opvoed, ’n huis kry vir jou vrouens en kinders nie.

“Daar is ’n elite wat ongelooflik korrup geword het, wat die mag oorgeneem het by (oudpres. Thabo) Mbeki en hom uitgeskop het, en sedertdien is dit afdraande.”


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 929 votes
No! It's time to move on ...
33% - 452 votes
Vote
Rand - Dollar
18.83
+1.0%
Rand - Pound
23.51
+1.2%
Rand - Euro
20.14
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.3%
Platinum
921.70
-0.4%
Palladium
958.00
-3.3%
Gold
2,334.39
+0.1%
Silver
27.22
-0.8%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE