Share

Klimhelde oorleef storting

Vier Suid-Afrikaanse bergklimmers was in ’n basiskamp sowat 500 m berg-af van die plek waar ’n sneeustorting die lewe van minstens 13 Nepalese berggidse teen die hange van Everest geëis het.

Vier berggidse, bekend as sjerpas, word steeds vermis.

Vrydag­oggend vroeg se voorval is die grootste ramp nóg teen die hange van die wêreld se hoogste berg.

Sibusiso Vilane van Nelspruit, wat in 2003 die eerste swart klimmer van Afrika geword het wat Everest geklim het, het kort ná die treurspel laat weet hy en sy mede-Suid-Afrikaners is veilig.

Hy wil Everest se kruin vir sy derde keer bereik, dié keer sonder bykomende suurstof.

Saray Khumalo, ’n klimmer van Johannesburg wat beoog om die eerste swart vrou op Everest te word, sê sy en Vilane was gelukkig nog in die basiskamp toe die storting om 06:45 (Nepalese tyd) gebeur het.

Die storting was op ’n hoogte van sowat 5 800 m, op ’n deel van die berg bekend as die Khumbu-ysval: ’n bewegende gletser wat berug is oor sy diep, lewensgevaarlike skeure.

Die sjerpas was besig om toue te span en suurstofbottels en kos- en tentvoorrade na die gebied te dra ter voorbereiding van die eerste klimspanne wat gewoonlik aan die begin van Mei hul finale aanslag op die kruin aanpak.

Dit is nog onduidelik hoe die jongste tragedie Vilane, Khumalo en die ander voornemende klimmers se ekspedisies gaan beïnvloed.

Ronnie Muhl, ’n Kapenaar en een van Suid-Afrika se voorste bergklimmers, het ook kort ná die sneeustorting laat weet sy groep is veilig.

“Daar vind tans reddingswerk reg rondom ons hier in die basiskamp plaas. Reddingshelikopters het reeds minstens 12 lyke van die berg af gebring en sowat 50 m van hier afgelaai,” het Muhl gesê.

“Dit is ongetwyfeld die grootste tragedie in Everest se klimgeskiedenis. Die helikoptervlieëniers, wat in lewensgevaarlike omstandighede op dié hoogtes die beseerdes en dooies gaan haal, doen ongelooflike werk,” het Muhl gesê.

Die naasdodelikste jaar op Everest was in 1922, toe sewe sjerpas in ’n enkele klimseisoen op die berg gesterf het.

’n Sjerpa is vroeër vandeesmaand aan hoogtesiekte dood en ’n ander gids is vroeër vanjaar in ’n ongeluk op die Khumbu-ysval beseer.

Vilane en Khumalo is deel van ’n groep van 23 klimmers, van wie 18 beoog om Everest se hoogste kruin te bereik.

Die groep het Donderdag ’n tradisionele Puja-seremonie deurgemaak, waartydens ’n geestelike leier van die Boeddhistiese geloof ’n seën oor hul ekspedisie uitgespreek het.

Skaars 12 uur later het die dodelike sneeustorting hul basiskamp in chaos gedompel.

Mits die klimmers wel in Mei met hul tog kan voortgaan, gaan Khumalo en Vilane eers die kruin Lobuche klim. Dit is 6 145 m hoog.

Dit sal hulle help om te akklimatiseer voordat hulle Everest – wat 2 700 m hoër is – aanpak.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
What is a non-negotiable when considering the election manifestos from various parties?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
A solid plan for load shedding
15% - 443 votes
Bold climate change objectives
1% - 30 votes
Roadmap for economic recovery
51% - 1533 votes
Solutions to SA's crime crisis
33% - 977 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.6%
Rand - Pound
23.97
-0.3%
Rand - Euro
20.53
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.6%
Platinum
894.10
-0.3%
Palladium
996.00
-0.6%
Gold
2,196.05
+0.1%
Silver
24.45
-0.8%
Brent-ruolie
86.09
-0.2%
Top 40
67,848
+0.3%
All Share
74,067
+0.2%
Resource 10
56,251
+1.1%
Industrial 25
103,518
+0.2%
Financial 15
16,466
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE