Share

‘Koning? Dalk, maar hy skuld my geld!’

Een van die twee konings wat ’n restitusie-eis vir groot dele van KwaZulu-Natal wil instel, is ook ’n sakeman wat klaarblyklik nie sy skuld betaal nie.

Die voormalige sakeman Verster Erasmus van Richardsbaai sê prins Bryce Mthimkhulu, wat intussen koning Mthimkhulu III geword het, skuld hom nou al sedert 2006 baie geld.

Erasmus het destyds sy huis by Seeperdjiestraat 8 in Meerensee, Richardsbaai, aan die koninklike verkoop.

Erasmus sê Mthimkhulu, wat as ’n baie aangename persoon voorgekom het, het egter net R2,7 miljoen van die R3,4 miljoen-verkoopprys gehad.

Hulle het ooreengekom dat hy ’n bedrag van R670 000 kon afbetaal.

Die ooreenkoms oor die strukturering van die terugbetaling wat Rapport onder oë gehad het, is by ’n prokureur onderteken.

Hiervolgens moes Mthimkhulu R100 000 teen 27 September 2006 betaal en die oorblywende R570 000 in paaiemente van R20 000 van 31 Oktober 2006 af.

Toe die eiendom eers op die koninklike se naam was, het die probleme begin.

“Ná vele beloftes het dit geblyk hy het nie die geld nie en in Mei 2009 is ’n hooggeregshofbevel teen hom verkry,” sê Erasmus.

Mthimkhulu, wat al voorheen in die nuus was oor ’n mislukte saketransaksie met pres. Jacob Zuma se broer Michael, het in Augustus 2009 in ’n e-pos aan Erasmus skuld erken en weer beloof om die geld te betaal.

Hy het egter ook nie die verband op die huis betaal nie en die bank het dit toe teruggeneem en op ’n veiling verkoop. Sy BMW X5 is glo ook deur die bank teruggeneem.

Erasmus sê sy prokureur is tans besig met ’n sekwestrasiebevel teen die koning.

Die koninklike het eergister aan Rapport gesê hy moet sy prokureur raadpleeg. Hy het gedink die kwessie is afgehandel. Hy het gesê Erasmus het beslag gelê op van sy goedere en hy was nie bewus daarvan dat hy nog geld skuld nie.

Mthimkhulu III, wat in Mei as koning ingehuldig is, eis namens sy stam restitusie en ander regte op dieselfde grondgedeelte aan die KwaZulu-Natalse kus as wat die koning van die Zoeloes, koning Goodwill Zwelithini, eis, asook in drie ander provinsies.


Koning Mthimkhulu III, die koning van die Hlubi-stam.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
33% - 344 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
67% - 702 votes
Vote
Rand - Dollar
19.17
-0.0%
Rand - Pound
23.86
-0.2%
Rand - Euro
20.45
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
937.90
-1.3%
Palladium
1,010.50
-1.9%
Gold
2,382.21
+0.1%
Silver
28.33
+0.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,024
-0.3%
All Share
73,083
-0.3%
Resource 10
63,108
-0.3%
Industrial 25
98,200
-0.2%
Financial 15
15,454
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE