Share

Kwotas: Fikile ‘vlug’ van debat

Fikile Mbalula, minister van sport, het na bewering uit die ateljee van die internasionale nuuskanaal Al Jazeera gestorm omdat hy nie kans gesien het vir ’n debat oor sportkwotas nie.

Maar Anda Bici, Mbalula se woordvoerder, ontken dit, sê die minister is “gekaap” (hijacked) en hy het die ateljee verlaat omdat hy ingestem het tot ’n onderhoud en nie ’n debat nie.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, een van die deelnemers aan die debat, het gesê daar was by hom geen twyfel dat hy genooi word na ’n TV-debat nie.

Die ander deelnemers was die voormalige krieketkaptein Clive Rice en Somadoda Fikeni, voorsitter van die Eminent Persons Group on Sports Transformation.

“Ek dink nie die minister het sy e-pos mooi gelees nie,” het Kriel gesê. Kriel, wat aan die debat via Skype uit sy kantoor in Centu­rion sou deelneem, het gesê die minister het sowat twee minute voordat die nuusprogram The Stream Woensdagaand sou begin die ateljee “woedend verlaat”.

“Ek het hom hoor sê: ‘What is this? You never told me it’s a debate. I’m leaving! I’m leaving!’ ” het Kriel gesê.

Hy het gesê Mbalula het duidelik nie “die selfvertroue om (sy) rasbehepte propaganda voor ’n internasionale gehoor te verdedig nie”.
Die uitsending het uiteindelik sonder Mbalula voortgegaan.

Bici het Vrydag gesê Kriel en AfriForum lieg. “Hulle blaas die aangeleentheid buite verhouding op. Hulle verteenwoordig ’n minderheidsgroep en hul agenda is téén nasiebou.”

Volgens hom het die uitnodiging van Al Jazeera dit duidelik gestel dit sou ’n onderhoud wees. Eers ná die minister se aankoms by die ateljee is hy ingelig dit is ’n debat.

“As ons dit vooraf gesê is, sou hy hom kon voorberei,” het ­Bici gesê.

Hy het gesê die minister het nie ’n probleem met debatte nie en “verwelkom vrae en interaksie omdat dit tot die nasie spreek”.

“Ons was nie kwaad nie. Ons het hulle (Al Jazeera) net vertel dit is onaanvaarbaar om ’n minister van die Suid-Afrikaanse regering só te kaap.”

Bici het beweer Al Jazeera het selfs later om verskoning gevra vir die misverstand.

Hy het gesê dis eerder AfriForum wat nie met die minister in gesprek wil tree nie.

“Die minister het hulle genooi. Hulle het nooit hierop gereageer nie,” het hy gesê.

Kriel het bevestig hulle het Vrydagmiddag, nadat Rapport met Bici gepraat het, ’n uitnodiging vir ’n gesprek met die minister ontvang.
“Ons sal dit beslis aanvaar,” het Kriel gesê.

’n Woordvoerder van Al Jazeera was nie Vrydag beskikbaar vir kommentaar nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 402 votes
No! It's time to move on ...
35% - 220 votes
Vote
Rand - Dollar
19.03
+0.9%
Rand - Pound
23.78
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.1%
Platinum
919.70
+0.8%
Palladium
981.50
-2.3%
Gold
2,331.90
+0.7%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE