Share

Kompetisie: Trourok van jou drome dalk joune

Van romantiese verhale soos dié van ’n laerskoolliefde wat op ’n huwelik uitgeloop het tot die hartseer van ’n jong vrou wat eenvoudig nie ’n trourok kon bekostig nie.

Dit is maar enkele van die stories wat lesers al ingestuur het vir Rapport en die sanger David Fourie se Thomas Thomson-trourokkompetisie.

Rapport is oorval met inskrywings waarin lesers foto’s en spesiale liefdesverhale met ons deel.

Een leser het vertel hoe sy haar droomman reeds op laerskool ontmoet het en hy haar uiteindelik 12 jaar later met die groot vraag verras het.

’n Ander leser vertel hoe haar wederhelfte haar romanties in die middel van ’n woestyn gevra het om te trou.

Rapport het egter ook ’n paar hartseer verhale gehoor van lesers wat jare moes wag vir hul droomtroue en ander wat doodeenvoudig nie ’n trourok kan bekostig nie.

Vat dus ’n kans om ’n trourok ter waarde van R30 000 van Thomas Thomson-ontwerpers te wen.

Die trourok-kompetisie sluit op 22 April. Die name van die finaliste sal op 27 April bekend gemaak word en die wenner word op 4 Mei aangekondig.

Om in te skryf:
1. Stuur vir ons ’n foto van jou en jou geliefde en skryf ook ’n motiveringsbrief (nie langer as 200 woorde nie) oor waarom jy die rok moet wen.

2. Kyk na die musiekvideo van David Fourie se “Vandag maak ek jou my vrou” by rapport.co.za en beantwoord die volgende twee vrae:

Waardeur blaai die bruid?
Wie is die ontwerper van die rok in Fourie se musiek-video?

Stuur alles per e-pos na lesers@rapport.co.za. Skryf die woord “trourok” in die boodskapveld.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
0% - 0 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
0% - 0 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
-0.7%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.39
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
950.40
-0.3%
Palladium
1,028.50
-0.6%
Gold
2,378.37
+0.7%
Silver
28.25
+0.1%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE