Share

'Liefling' se Jan is terug

Die land se 'Liefling', Bobby van Jaarsveld, is nog glad nie moeg vir sy karakter Jan nie.

Dit is die derde keer wat van Jaarsveld die rol van die soetgesiggie-hartebreker gaan speel ná die vervaardiger, Paul Kruger, vroeër vanoggend aangekondig dat Liefling: die teaterproduksie vir nog ‘n seisoen aangebied gaan word.

Dit is die eerste keer dat ‘n plaaslike teaterproduksie – en op die koop toe ook in Afrikaans – by die Teatro by Montecasino in Johannesburg aangebied sal word, het Kruger by die bekendstelling by die Southern Sun-hotel by Montecasino gesê.

Bryan Hill,  die algemene bestuurder van die Teatro,  het aan Netwerk24 gesê dat Liefling aan al die standaarde van ‘n internasionale teaterproduksie voldoen. “Dit is moeilik om plaaslike produksies te kry wat op standaard is,” sê hy.

Kruger sê Liefling: Die teaterproduksie het reeds 39 000 mense na die staatsteater gelok.

Van Jaarsveld sê Jan is nie meer vir hom ‘n vreemde karakter nie. “Jan is baie soos ek.”

Teater, sê van Jaarsveld, bied sy eie uitdagings. “Ek het tydens Liefling se eerste seisoen my danspassies vergeet – toe moes ek my eie oopmaak. Dit was lelik. Ek het soos ‘n amateur-stripper gelyk.”

"Die Teatro is soos die Broadway van Suid-Afrika en ek dink dit is ‘n ongelooflike geleentheid vir ‘n Afrikaanse teaterproduksie," sê Riaan Grobler, aanbieder op Groot Fm 90.5.

Volgens Sizwe Jantjie, die vermaak- en geleentheidsorganiseerder van Tsongo Sun het hy nog nie die produksie gesien nie, maar wel die rolprent.

“Ek het saam met Pieter Koen, die sanger, na die rolprent gaan kyk. Ek glo nie-Afrikaansprekendes kan ook met die karakters identifiseer. Ons is trots om by Liefling betrokke te wees.”

Liefling: Die Teaterproduksie is vanaf 12 Desember op die planke.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 581 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 600 votes
Vote
Rand - Dollar
19.09
+0.1%
Rand - Pound
23.78
+0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.44
-0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
924.80
+0.5%
Palladium
1,036.50
+1.0%
Gold
2,325.02
+0.1%
Silver
27.35
+0.2%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,051
0.0%
All Share
74,011
0.0%
Resource 10
59,613
0.0%
Industrial 25
102,806
0.0%
Financial 15
15,897
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE