Share

Liewe Heksie se ‘ma’ is siek

Verna Vels, die skepper van Liewe Heksie, het borskanker wat na haar brein versprei het. En sy bid.

“Ek is ’n groot gelowige in gebed. ’n Mens bid maar en baie mense bid vir jou,” het Vels (81) gister gesê uit die Mediclinic Morningside in Johannesburg waar sy mediese toetse en behandeling ondergaan.

“Ek voel goed. Dis nou nie van ernstige afmetings nie. Dit het nou net nie te lekker gegaan nie.”

Sy het gesê dit het in Januarie begin met inflammatoriese borskanker. Dit het sedertdien na haar brein versprei, sê Liby Nel, woordvoerder van 7de Laan, waar Vels ’n toesighoudende vervaardiger is.

Nel sê Vels het haar kankerstryd tot dusver met ’n goeie gemoed hanteer. Sy was tot einde Mei nog twee keer per week op stel. “In die tyd wat sy vir chemo gegaan het, het sy nog steeds gaan werk,” sê Nel.

“Sy het ’n onblusbare gees.”

Vels sê sy hang nie die nuus van haar siekte aan die groot klok nie.

Riaan Cruywagen, wat al sedert 1967 met haar bevriend is, het Vrydagaand gesê hy het ’n halfuur voordat Rapport hom geskakel het met haar oor “koeitjies en kalfies” gesels. Hy was nie bewus dat die kanker na haar brein versprei het nie.

“Ek het vir haar gevra hoe gaan dit? Toe sê sy nee dit gaan goed.” Sy het aan Cruywagen gesê sy hoop om hierdie week huis toe te gaan. “Ek is nie in ’n toestand van angs of paniek nie,” het Vels gister gesê.

In ’n onderhoud met Rapport verlede jaar het Vels geskerts dat sy reeds in 1993 “sogenaamd” afgetree het, maar dat “mens moet dankbaar wees as hulle jou steeds kan gebruik”.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 784 votes
No! It's time to move on ...
33% - 392 votes
Vote
Rand - Dollar
19.03
-0.1%
Rand - Pound
23.82
-0.1%
Rand - Euro
20.43
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.44
-0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.6%
Platinum
924.20
-0.1%
Palladium
981.00
-1.0%
Gold
2,349.23
+0.7%
Silver
27.70
+1.0%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,144
+1.0%
All Share
75,085
+1.0%
Resource 10
62,980
+1.4%
Industrial 25
103,782
+1.2%
Financial 15
15,867
+0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE