Share

Louw kap ’it flou op wiele

Nicholis Louw rock deesdae nie nét op die verhoog nie. Hy hou sy lyf ook renjaer in ’n oulike Legends-renmotor.

“Ek was maar nog altyd ’n petrolkop. Ek het nog nooit ball sense gehad nie, maar ek wil ’n stuurwiel tussen my hande hê en die wêreld plat spin,” sê Louw met ’n laggie.

Die sanger is soos ’n klein seuntjie wanneer hy oor sy ­nuwe stokperdjie praat, hy glimlag van oor tot oor.

Sowat twee jaar gelede het hy kennis gemaak met dié sportsoort toe hy as deel van ’n liefdadigheidsdag moes resies jaag.

“Ek was wild op daai baan en ek het nogal goed gedoen,” sê hy.

Die Legends-renmotors lyk ietwat ouwêrelds, byna soos ’n klassieke motor.

Maar dit kan binne 3,5 sekondes van 0 tot 100 km/h versnel, sê Louw.

“Ek was dadelik mal oor die karretjies. Hulle is cute en blitsvinnig!”

Liqui Moly, ’n maatskappy wat olie vir motors vervaardig, het vir hom ’n borgskap aangebied.

“Ek was só bly! Sulke goed gebeur nie.”

Hy het besluit om die kans aan te gryp, maar het vir hulle gesê hy wil eers vir ’n jaar oefen en homself voorberei.

“Ek het verlede jaar nie aan wedrenne deelgeneem nie. Ek het net geoefen.”

Nicholis het elke week, wanneer hy ’n dag kon inpas, sy vaardighede verbeter. In Brakpan. By Zwartkops. Die Midvaal-renbaan. Oral waar hy kon.

Hy het vir die eerste keer in April resies gejaag en was gister weer by ’n wedren by Rock ­Raceway in Brakpan.

Hy sê motorsport maak hom “kalm”. “Ek is nou baie bewus van veiligheid. En ek hoef nie op die openbare paaie te jaag nie, want ek jaag dit uit op die renbaan.”

Maar hy is nie van plan om die verhoog permanent vir die renbaan te verruil nie.

Hy is besig met ’n nuwe album, sy eerste sekulêre album in meer as drie jaar.

“Ek begin so 10:00 opneem en dan werk ek tot so 01:30 die volgende oggend.”

En sy vrou, Denise?

Hoe voel sy oor die blitsige stokperdjie?

“Sy is ook ’n adrenalien-junkie. Daar is bekommernisse, maar sy het nou die dag gesky-dive. Ons is al lank saam en verstaan mekaar. Daar is wedersydse respek en ek is lief vir haar soos sy is, en sy vir my. Ons wil mekaar nie verander nie.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 299 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 629 votes
Vote
Rand - Dollar
19.22
-0.3%
Rand - Pound
23.90
-0.3%
Rand - Euro
20.47
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.4%
Platinum
941.20
-1.0%
Palladium
1,004.00
-2.5%
Gold
2,377.68
-0.1%
Silver
28.19
-0.1%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,708
-0.7%
All Share
72,758
-0.7%
Resource 10
62,826
-0.7%
Industrial 25
97,802
-0.6%
Financial 15
15,379
-0.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE