Share

Lyke in ’n koringland

Klein stukkies wit lap dui aan waar lyke twee dae gelede neergereën het.

Waar party steeds lê, onopgeruim naby Grabowo in die ooste van Oekraïne. In 33 °C. Dis ’n windstil Saterdagmiddag. Net ’n bries laat die gras effens roer.

Tussen die koringlande en die wit en pers blommetjies in die veld lê kinders se storieboeke, blikkies skeerroom en ’n kwitansie vir ’n gehuurde motor.

Tussen die puin en pikswart wrakstukke – oorblyfsels van Malaysia Airlines se vlug MH17 – lê halfkaal lyke, die gesigte onherkenbaar geskend. Liggame plek-plek nog met sitplekgordels vas. Skootrekenaars. Sagte speelgoed. Tasse. En ’n T-hemp wat sê “I Love Amsterdam”.
Sommige passasiers het nog hul oorfone in hul ore.

Nooddienswerkers stap tussen die swart rommel wat afgesper is met rooi-en-wit plastieklint. Hulle dra lyke op ’n draagbaar weg.

“Dis hel,” het ’n plaaslike bevelvoerder die toneel beskryf.

’n Swart letsel van verbrande gras naby die Oekraïne-Rusland-grens.

En die wêreld ween.

“Alle Nederlanders deel hul meegevoel met die naasbestaandes en familie van die slagoffers,” sê Jacob van Steenbergen, van Veenendaal in Nederland.

Hy sê baie vlae in die land hang sedert die vliegramp halfstok. Die atmosfeer is emosioneel.

“Alles op die radio, televisie en in die koerante gaan oor die onderwerp,” sê hy. “Hier is natuurlik ook nog baie onbegrip vir wat gebeur het.”
Hartseer boodskappe op sosiale media bereik alle uithoeke van die wêreld.

“Emiel... Ek weet nie eens waar om te begin nie. My tyd in Suid-Afrika saam met jou (...) en al die ander by Nelly’s Lodge was die beste tyd van my lewe,” het Rachel Bottomley geskryf op die Facebook-blad van Emiel Mahler, ’n Nederlander wat die afgelope vier jaar in Melbourne, Australië, gewoon het.

Emiel se 27-jarige meisie, Elaine Teoh, was ook op die vlug. Hulle was verlief.

Nege mense van Queensland, Australië, was op die vliegtuig.

’n Chinese restaurant in Rotterdam, Nederland, is nou sonder eienaars en is ’n sjef kwyt, want Fan Shun-Po en sy vrou, Jenny, het vir die eerste keer in jare hul jaarlikse roetine – om van Amsterdam via Hongkong na Kuala Lumpur te vlieg – verander. Donderdag het hulle gehoop om direk van Amsterdam na Kuala Lumpur te vlieg omdat hulle Jenny se bejaarde ma na Penang in Maleisië moes neem. Hul 20-jarige seun is so platgeslaan hy kon glo nog nie sy selfoon antwoord nie.

Twee boeties en hul sussie – Mo Maslin (12), Otis (8) en Evie (10) – was saam met hul oupa op pad terug na Australië, want die skoolvakansie was amper verby. Hul ouers, Rin Norris en Anthony Maslin, het besluit om vir ’n paar dae alleen in Amsterdam agter te bly.

Hulle het hulle die naweek terug na Australië gehaas. Alleen.

Die tragedie het Suid-Afrika nie onaangeraak gelaat nie. Die helikoptervlieënier Cameron Dalziel (43), oorspronklik van Umhlanga Rocks in KwaZulu-Natal, was ná ’n kursus in Nederland op pad na Maleisië waar hy gewoon het. Net soos die ander 297 mense op die vlug, het hy nooit in Maleisië geland nie. – Saamgestel deur Charlea Sieberhagen. Bronne: theage.com, The Economist, The New York Times, South China Morning Post, CNN, Sky News. 

* Lees ook hier.


Dit is moeilik om te glo dié verwronge, uitgebrande wrakstukke was ’n vliegtuig.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 764 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 810 votes
Vote
Rand - Dollar
19.13
-0.1%
Rand - Pound
23.77
+0.1%
Rand - Euro
20.44
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.44
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.0%
Platinum
926.60
+0.7%
Palladium
1,030.00
+0.4%
Gold
2,318.58
-0.2%
Silver
27.24
-0.2%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,493
+0.7%
All Share
74,466
+0.6%
Resource 10
60,057
+0.7%
Industrial 25
103,901
+1.1%
Financial 15
15,884
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE