Share

Ma en seun pleeg saam selfmoord

Die lyk van Gizela Mandel (83) het gister toegewikkel in ’n geel kombers agter in haar seun se ou Volkswagen Fox gelê nadat hy hulle in die motor vergas het.

Haar werklose seun, Peter (63), was dood voor in die motor.

“Dit is nie hoe my ma moes gegaan het nie ...” het Gizela se ander seun, George, kopskuddend by die huis in Greymont, Johannesburg, gesê.

Gizela, wat in Hongarye gebore is, was baie sieklik. In ’n selfmoordbrief het Peter geskryf sy ma het nou genoeg gely.

George glo sy ma het vrywillig aan die selfmoordpakt deelgeneem.

“My ma sou nie andersins in daardie kar gewees het nie.”

Manie Steyn, ’n buurman, en sy seun Herman het omstreeks 09:15 die motor hoor luier en besef daar is fout.

Steyn het oor die muur gekyk en gesien ’n stofsuierpyp is aan die uitlaatpyp van die motor gekoppel.

Hy het oor die muur geklim en die pyp afgesny, maar dit was te laat.

Peter het meer as agt jaar lank by sy ma gebly en het jare laas ’n werk gehad.

George sê hy en sy broer het die vorige middag ’n hewige rusie gehad.

Hy kon nie hierdie maand weer die huurgeld vir hulle bybring nie, maar het vir hulle kos gebring.

“My broer het nie eens dankie gesê nie. Dit is toe dat ons gestry het,” sê George hartseer.

Hy sê dit is die slegste vir die mense wat agterbly.

“Dit is ons wat agterbly wat moet ly, maar ek het my broer reeds vergewe. My geloof vereis dit van my.”

Peter word oorleef deur ’n seun, Dale (28), wat ook gister op die toneel was.


George Mandel gisteroggend op die toneel in Greymont waar sy ma, Gizela (83), en broer, Peter (63), ure tevore dood is.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
40% - 153 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
60% - 231 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.6%
Rand - Pound
24.01
-0.5%
Rand - Euro
20.52
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.35
+0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.6%
Platinum
900.40
+0.4%
Palladium
998.40
-0.3%
Gold
2,211.77
+0.8%
Silver
24.64
-0.0%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,114
+0.6%
All Share
74,310
+0.5%
Resource 10
56,946
+2.3%
Industrial 25
103,653
+0.4%
Financial 15
16,467
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE