Share

Ma van Zirk se slagoffer wil eis

Die ma van die maatskaplike werker wat einde verlede jaar deur Zirk Bergh doodgeskiet is, oorweeg ’n skadevergoedingeis teen die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF).

Ronél Kondos sê die SAVF moes besef het die Bergh-saak is plofbaar en te ingewikkeld vir haar seun, Deon, wat toe 23 jaar oud was.

“Deon wou hom in ’n stadium aan Zirk se saak onttrek het,” sê Kondos.

“Hy het baie boekekennis gehad en was besig met sy meestersgraadstudie in forensiese maatskaplike werk, maar het eers in 2013 begin werk en was prakties onervare.”

Kondos wil nie net geldelike vergoeding eis omdat haar seun finansieel na haar omgesien het nie, sy wil ook groter bewustheid van die veiligheid van maatskaplike werkers skep.

“My sielkundige sê ek het nog nie eens 2%-aanvaarding van wat gebeur het nie. Ons lewe het onherroeplik verander.”

Volgens Kondos het verteenwoordigers van die SAVF se hoofkantoor haar op 26 Februarie besoek, maar sy is nie daarvan oortuig dat hulle genoeg verantwoordelikheid aanvaar nie.

“Hulle meen as jy maatskaplike werk doen, stel jy jou aan sekere risiko’s bloot.”

Marieta Kemp, direkteur van maatskaplike dienste van die SAVF in Suid-Afrika, sê die omstandighede is nie altyd ideaal nie.

“Ons werk met mense wat onstabiel kan wees en ons werk in onvoorspelbare omstandighede. Ek weet nie watter verantwoordelikheid Ronél wil hê ons moet aanvaar nie,” sê sy.

“Dis onrealisties om te wil hê die polisie moet by alle moeilike sake teenwoordig wees.

Alle aggressiewe kliënte kan ook nie bloot van die een organisasie na ’n ander verwys word nie. Dán word die probleem net verskuif.

“Niemand kan jou voorberei op so ’n treurspel nie en berading neem nie dadelik die pyn en gevoel van verlies weg nie. Die SAVF kan egter nie kategories skuld vir die hartseer gebeure aanvaar nie.”

Kemp sê die SAVF gaan Deon op sy nasionale kongres in Oktober vereer met ’n toekenning vir uitstaande diens.

“Ons wil ook ons Kleur ’n lewe-boeke aan hom opdra.”

Prof. Nicola Smit, arbeidsregkenner aan die Noordwes-Universiteit, sê in gevalle soos dié hang die mate van die werkgewer se aanspreeklikheid af van die omstandighede en hoe voorsien- of voorkombaar die voorval redelikerwys was.

“Werkgewers het ’n gemeenregtelike plig om werknemers van ’n veilige en gesonde werkomgewing te verseker.”


Ronél Kondos vandeesweek in Potchefstroom. Foto: Susan Cilliers


Deon Kondos




We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
67% - 2 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
33% - 1 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
-0.7%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.39
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
950.40
-0.3%
Palladium
1,028.50
-0.6%
Gold
2,378.37
+0.7%
Silver
28.25
+0.1%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE