Share

Matriekafskeid-heli se lemme tref kragkabels

’n Spesiale matriekafskeid-foefie het Vrydag amper in ’n ramp geëindig toe die helikopter waarin ’n paartjie by hul groot aand afgelaai is, in kragkabels vasgevlieg het.

Die lemme van die helikopter waarin Chané van Heerden en haar vriend Albert Neethling was, het voor die oë van leerlinge, ouers en onderwysers van die Hoërskool Wagpos, by Brits in Noordwes, die oorhoofse kragkabels getref. Dit het gelyk asof die helikopter buite beheer raak. Die kragkabels het op die grond geval en die gras het aan die brand geraak. Gaste moes inderhaas hul voertuie uit die pad van die grasbrand trek.

Die 18-jarige paartjie en die vlieënier is ongedeerd. Chané se pa, Ronnie, sê hy is baie ontsteld oor die gebeure.

“Die vlieënier het my kind en die gaste by die matriekafskeid se lewe in gevaar gestel.”

Hy het die hele drama gesien van waar hy in sy motor gesit en wag het om te parkeer.

Chané en Albert het minute tevore van die Brits-vliegveld vertrek om die sowat 5 km na die Fatherland-landgoed in ware Hollywood-styl af te lê.

“Ek het gesien hoe skoolkinders voor die helikopter staan en vir die vlieënier aanwysings gee om te land. Hy het na hulle gekyk en nie op die kabels gekonsentreer nie,” sê Van Heerden. Ryno Liebenberg en sy sussie Roné, leerlinge aan die skool, sê hulle het gesien hoe die helikopter twee keer oor die parkeergebied vlieg.

“Die helikopter het ’n rukkie op dieselfde plek bly hang, toe skielik gesak en onder die kabels probeer inkom,” sê Roné.

Toe dit sowat 2 m van die grond af was, was daar ’n harde slag en vonke wat spat.

Volgens Van Heerden was die geluk aan hul kant. “Die helikopter se lemme het die grond net-net gemis, anders sou my kind en ’n klomp ander mense gesterf het,” sê hy.

Ondanks die groot skrik het Chané en Albert besluit om die beste te maak van die saak. Hulle het kort daarna foto’s van hulself laat neem en die afskeid saam met hul maats geniet.

Volgens Kobus van der Walt, eienaar van Fatherland-landgoed, het die vlieënier hom vooraf gebel om reëlings vir die landing te tref.

“Ons het hom oor die kabels gewaarsku en gesê hy moet kom kyk of dit veilig is om hier te land,” sê Van der Walt.  Hulle het nie weer van hom gehoor nie.

’n Beampte by die Brits-vliegveld, wat anoniem wil bly, sê hulle het ook die vlieënier gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die kragdrade.

Weens die skade aan die kabels, was daar nie elektrisiteit by die afskeid nie. Volgens Jakkie Louw, beheerliggaambestuurder van die skool, het boere noodkragopwekkers gebring sodat die afskeid kon voortgaan.

“Dit kon ’n lelike ding gewees het, maar gelukkig het alles goed geëindig,” sê hy.

Die helikopter het plakkers van die Netstar-voertuigopsporingsdiens opgehad. Ralph Louw, hoof van Netstar se helikopterdiens, sê egter die ongeluk het niks met hulle te doen nie, maar hulle gaan wel die saak ondersoek.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 961 votes
No! It's time to move on ...
33% - 466 votes
Vote
Rand - Dollar
18.76
+1.4%
Rand - Pound
23.43
+0.3%
Rand - Euro
20.08
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
924.10
-0.0%
Palladium
959.00
+0.1%
Gold
2,337.68
0.0%
Silver
27.19
-0.0%
Brent Crude
89.50
+0.6%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE