Share

Mbeki en sy broer groet hul ma met wit rose in hul hande

Oudpres. Thabo Mbeki en sy broer, Moeletsi, het gister elk met ’n wit roos in die hand van hul 98-jarige ma, Epainette, afskeid geneem.

Duisende mense het gister in Ngcingwana, Dutywa, in die Oos-Kaap, saam met die broers gerou.

Mev. Mbeki, of MaMbeki soos sy genoem is, is verlede Saterdag in ’n hospitaal in Oos-Londen dood.

Sy is in die hospitaal opgeneem nadat sy asemhalingsprobleme ontwikkel het.

Pres. Jacob Zuma kon nie die begrafnis bywoon nie. Hy rus tuis nadat hy verlede week siek geword het.

Onder die rouklaers was ­Andrew Mlangeni, wat saam met Epainette se man, Govan, op Robbeneiland aangehou is.

Die EFF-leier Julius Malema, die Cosatu-baas Zwelinzima Vavi en die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, was ook daar.

MaMbeki se oorskot het net voor 07:00 by haar huis aangekom, waarna ’n bidritueel uitgevoer is.

Die polisie het ’n erewag gevorm toe haar bruin kis van haar huis na die markiestent gedra is.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het aan die begrafnisgangers gesê hy wil graag soos MaMbeki wees.

“Ons is hier om die lewe van ons moeder, tannie en gemeenskap-bouer te eer en te vier.

“Volgens my was sy werklik ’n goeie vrou wat haar lewe met grasie, vrede en nederigheid gelei het.”

’n Emosionele Fezeka Mabona, wat namens die Mbeki-familie gepraat het, het gesê hulle “laat gaan vir Mamma” ná ’n pynlike week.

Sy het vertel MaMbeki wou nie eet terwyl sy in die hospitaal was nie. “Ek het haar verklik (by Thabo) en hy het haar daaroor gekonfronteer.

“Mamma het vir Thabo gesê om nie na my te luister nie, want ek het net geskinder.

“Sy het nie van skinderbekke gehou nie,” het Mabona gesê.

Die gaste moes later as veiligheidsmaatreël die markiestent ontruim toe ’n baie sterk wind begin waai het.

MaMbeki is in die Dutywa-begraafplaas begrawe.




We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 949 votes
No! It's time to move on ...
33% - 465 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE