Share

Mdluli-uitspraak raak president só

’n Appèlhof-uitspraak in die ­sage van adv. ­Glynnis Breytenbach en lt.genl. ­Richard Mdluli kan slegte nuus vir pres. Jacob Zuma inhou.

Die hof in Bloemfontein het Donderdag die ontluikende regsbeginsel bevestig dat die besluit om korrupsie-aanklagte te laat vaar in die hof hersien kan word.

Die beslissing is ’n omkeer van Breytenbach se gewese baas se besluit om aanklagte teen Mdluli, geskorste hoof van misdaadintelligensie in die polisie, te laat vaar.

Die DA het ’n soortgelyke hof­aansoek ingedien om aanklagte teen Zuma, wat met die wapenskandaal verband hou, heringestel te kry.

Die appèlhof het talle van regter John ­Murphy se verdoemende beslissings in die hooggeregshof in Pretoria verlede jaar oor politieke inmenging in die regstelsel bevestig.

Breytenbach, voormalige streekhoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid in Gauteng, is van wangedrag aangekla nadat sy daarop aangedring het dat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) herbesin oor sy besluit om Mdluli nie van korrupsie en bedrog aan te kla nie.

Die appèlhof het bevind:

- ’n Brief deur Mdluli aan ­Zuma ná eersgenoemde se skorsing in 2011 was ’n verwysing na die ANC se leiersberaad in Mangaung en was “redelik onvanpas”. In die brief het Mdluli geskryf: “As ek sou terugkom werk toe, sal ek die president help om te slaag”;

- Daar was “ernstige probleme” met die verduideliking van ­adv. Lawrence Mrwebi, hoof van die NVG se eenheid vir gespesialiseerde handelsmisdade, oor waarom hy opdrag gegee het dat aanklagte teen Mdluli laat vaar moet word;

Die hof het ook die pogings van genl. Riah Phiyega, polisiehoof, verwerp om die stelling te probeer wegpraat van lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, voormalige waarnemende kommissaris, dat hy deur magte “bo hom” opdrag gegee is om Mdluli weer aan te stel. Die stelling is vertolk as ’n verwysing na politieke inmenging.

Breytenbach is geskors toe sy geweier het om Mrwebi se opdrag uit te voer om aanklagte teen Mdluli te laat vaar. Sy het die NVG intussen verlaat.

In haar tugverhoor, waarin sy vrygespreek is, het Mrwebi erken dat hy die aanklagte teen Mdluli laat vaar het sonder die wetlik verpligte konsultasie met ander NVG-amptenare.

In ’n latere beëdigde verklaring in die onlangse hofsaak het Mrwebi omgeswaai en gesê hy hét gekonsulteer. Die hof het beslis dié nuwe weergawe van hom was “ongeloofwaardig en waarskynlik ’n versinsel”.

Oudregter Johann Kriegler, stigter van die organisasie Freedom Under Law, wat die aansoek gebring het, het in reaksie gesê dit sal “baie, baie moeilik wees vir Mrwebi om aan te bly in sy pos noudat duidelik bevind is hy was oneerlik”.

Die appèlhof het Andrew Chauke, Suid-Gautengse direkteur van openbare vervolgings, twee maande gegee om te besluit oor ’n verdere stel aanklagte teen Mdluli wat verband hou met moord, aanranding en ontvoering.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Now that e-tolls gantries have been switched off, will you be settling your outstanding debt?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No way, they're not getting a cent from me
88% - 1778 votes
Yes, I guess it's the right thing to do
4% - 75 votes
Mmh, I'm watching legal cases and playing it by ear
8% - 169 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+0.2%
Rand - Pound
23.68
-0.1%
Rand - Euro
20.29
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.24
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
952.30
-2.4%
Palladium
1,036.00
+1.3%
Gold
2,371.75
-0.5%
Silver
28.27
+0.6%
Brent Crude
90.02
-0.1%
Top 40
66,899
0.0%
All Share
72,995
-0.0%
Resource 10
63,378
+2.8%
Industrial 25
97,824
-0.5%
Financial 15
15,384
-1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE