Share

Medici help parapleeg bal skop

Toeskouers van die openingseremonie van vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi in Brasilië sal moontlik kan sien hoe ’n parapleeg op die sokkerveld loop en selfs ’n sokkerbal skop.

’n Span wetenskaplikes hoop ’n eksoskelet-pak kan dit moontlik maak.

Die “Walk Again”-projek bestaan uit ’n span neuroloë, navorsers en wetenskaplikes van verskeie universiteite wat deur prof. Miguel Nico­lelis van die Duke-universiteit in die VSA gelei word.

Die projek behels die bou van ’n robot-eksoskelet wat deur die brein beheer word.

Wetenskaplikes glo dié pakke sal parapleë help om die werk te doen wat hul bene nie meer kan nie.

Die eksoskelet word gekoppel aan ’n toestel op die gebruiker se kop wat deur elektrodes die gebruiker se breingolwe optel.

Die toestel en eksoskelet verander die brein se golwe in fisieke beweging.

Die idee is dat die persoon wat die pak dra, dus aan die pak kan “sê” wat om te doen deur net oor die beweging te dink.

Nicolelis meen die bewegings is hoegenaamd nie soos dié van ’n robot nie.

Sy span lei tans nege Brasilaanse parapleë in São Paulo, Brasilië, op om die eksoskelet te gebruik.

Drie van hulle gaan die openingseremonie bywoon en een gaan dan by die seremonie op die veld stap.

– Bykomende bronne: Mash-able, Fifa, The Guardian.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 391 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 404 votes
Vote
Rand - Dollar
19.12
+0.4%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
921.80
-1.0%
Palladium
1,023.00
+0.7%
Gold
2,328.37
+0.1%
Silver
27.24
+0.2%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,054
+0.8%
All Share
73,976
+0.6%
Resource 10
59,749
-2.0%
Industrial 25
102,659
+1.6%
Financial 15
15,881
+1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE