Share

Mense ly, korruptes skep

Honderdduisende rande van die Gautengse gesondheidsdepartement het glo na die ANC gestroom terwyl pasiënte in die land se rykste provinsie sonder noodsaaklike dienste moes klaarkom.

Dié klaarblyklike orgie van korrupsie en bedrog het die afgelope week rugbaar geword.

’n Voorste ANC-lid en senior amptenare word betrek by die plundering van dié departement tussen 2006 en 2009.

Daarby het amptenare glo ook omkoopgeld en oorsese reise ontvang terwyl die departement nie sy verskaffers kon betaal of vakante poste kon vul nie.

’n Verslag van ’n forensiese oudit is Maandag by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien ter ondersteuning van ’n aansoek om die bates van Brian Hlongwa, Gautengse ANC-hoofsweep, en sy kamerade te bevries.

Volgens die verslag is van die departement se geld na die ANC se koffers herlei.

Hlongwa was destyds die LUR vir gesondheid en het glo sy magte in ’n “onwettige, bedrieglike, ongemagtigde, onvolledig en partydige” wyse gebruik.

Die hooggeregshof het Dinsdag ’n bewaringsbevel op Hlongwa se eiendom in Bryan­s­ton aan die nasionale direkteur van openbare vervolging toegestaan. Dit verhinder dat hy die eiendom kan verkoop.

Die verslag, saamgestel deur ’n forensiese ouditeur, André Prakke, sê 3P, ’n konsultasie-maatskappy, het tenders van honderdmiljoene rande van die departement ontvang.

3P sou toe bedrae van honderdduisende rande na die ANC en sy susterorganisasies betaal het sonder om te verduidelik waarom dít gedoen is.

Prakke se bevindings word gestaaf deur ’n verslag van Sunette Joubert, ’n geoktrooieerde rekenmeester en voormalige personeellid van die ouditeur-generaal se kantoor. Sy het dit vir die spesiale ondersoekeenheid (SOE) saamgestel.

Die SOE en die Valke sif nou deur bewysstukke van duisende bladsye wat na verwagting drie jaar van verkwisting en diefstal van honderdmiljoene in die departement sal blootlê.

Volgens die ondersoekers is van die geld vir die ANC se verkiesingsveldtog in 2009 gebruik.

Verskaffers aan die departement is tussen 2006 en 2009 glo daarop gewys dat hulle 1% van elke kontrak se waarde in omkoopgeld moet betaal.

Prakke se verslag handel hoofsaaklik oor 3P, wat aangestel is om die departement se begroting vir die boekjaar 2007-’08 op te stel. Dié firma het later ook ’n “omkeerstrategie” vir die departement saamgestel.

Die waarde van die kontrak met 3P het van R68 miljoen tot R137 miljoen gestyg.

3P het fakture van R455 miljoen ingedien en is R339 miljoen betaal.

Prakke sê in sy verslag 3P was niks anders nie as ’n “geld­masjien” vir sy direksie, Hlongwa en korrupte gesondheidsamptenare.

3P se finansiële direkteur was ook Hlongwa se finansiële raadgewer, en hy het glo groot bedrae kontant aan Hlongwa en sy vrou gegee.

Daarby is “buitelandse strukture” geskep vir Hlongwa om klaarblyklik die geld te versteek wat hy op ’n bedenklike wyse gekry het.

Die verhouding tussen die departement en 3P was na bewering so bloedskandelik dat die waarnemende finansiële hoof ook ’n 3P-werknemer was.

Prakke sê die knoeiery het die departement se werk ontwrig en gesondheidsdienste benadeel.

Die tesourie moes ingryp om dienste aan die gang te hou, terwyl die departement al sy ­22 000 vakante poste bevries het omdat daar nie geld was nie.

Daarby het die departement tussen 2008 en 2011 R4,6 miljard aan konsultante bestee, hoewel hy nie rekenskap vir die meeste daarvan kon gee nie.

Ten spyte hiervan ondersteun die ANC Hlongwa.

Nkenke Kekana, sy Gautengse woordvoerder, het ontken dat die party enige skenkings ontvang het.

Hlongwa kon nie die afgelope week vir kommentaar bereik word nie, maar hy het in die provinsiale wetgewer gesê hy het die afgelope vyf jaar met die “pyn” van die media se aandag op hom gelewe. Die ander kant van die verhaal is glo nie vertel nie, het Hlongwa gesê.

’n Bewaringsbevel is ook die afgelope week teen 3P uitgereik. Die maatskappy is tans onder likwidasie, met sy uitvoerende hoof Richard Payne wat glo landuit is.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 574 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 817 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.3%
Rand - Pound
23.87
+0.1%
Rand - Euro
20.39
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE