So sê die rugbyspeler Ernst Joubert oor sy beplande terugkeer na Suid-Afrika uit Brittanje saam met sy vrou, Minki van der Westhuizen.
Volgende jaar wag daar sonskyn, familietyd en Afrikaans op die Jouberts wanneer Ernst se kontrak met die klub Saracens verstryk.
Maar vir eers is hul fokus op ’n tweede Joubertjie wat einde Augustus verwag word.
“Ons weet wat die geslag is, maar dis eers ’n geheim,” het Minki vandeesweek per e-pos aan Rapport gesê.
Katerien (1) sal volgens haar ma dit “love om ’n maatjie te hê”.
Hulle is opgewonde oor die vooruitsig van terugkeer.
“Die sneeu is net ’n snaaksigheid vir die eerste rukkie,” skryf Minki. “Ons is baie bederf in Suid-Afrika en mens besef eers hóé bederf as jy die dag Suid-Afrika verlaat.”