Prinsloo se ouers, Boet en Magda, het die troue by Hotel El Ganzo in Los Cabos bygewoon. Dié luukse hotel het ’n private strand.
Adam het Boet verlede jaar gebel om ouers te vra.
“Hy was maar effens gespanne toe hy gebel het, maar soos enige Afrikaanse pa dit graag wil hê, het hy ook my seën vir hul huwelik gevra,” het Boet destyds met hul verlowing aan die Republikein gesê.
Hoewel Behati en Adam ’n tyd lank uitmekaar was, het Magda net ná die verlowing aan Rapport gesê dit was glad nie vir hulle ’n verrassing nie.
Talle seënwense vir Adam en Behati se groot dag is in die loop van vandeesweek op Boet se Facebook-muur geskryf. Heelwat bekendes is na die troue genooi.
’n Australiese radiostasie het berig Adam se strooijonker was Jesse Carmichael, die groep se klawerbordspeler.
Die model Candice Swanepoel was ook glo daar.
“Ek voel beslis asof ek in die stoel sit waarin ek veronderstel is om te sit. Dit voel baie natuurlik,” het Adam voor die troue aan People Magazine gesê.