Share

Moenie TV-lisensie betaal – Juju

Julius Malema, EFF-leier, het ’n beroep op sy ondersteuners en partylede gedoen om nie hul TV-lisensiegeld te betaal nie.

Hy het gesê die SAUK beeldsend nie EFF-geleenthede, soos die party se eerste verjaardagvieringe gister in Thokoza Park, Soweto, nie.

Malema het gesê die EFF gaan ’n byeenkoms reël waar TV-lisensies verbrand word voor die SAUK se hoofkantoor in Auckland Park, Johannesburg.

“Ons kan nie lisensies betaal om Gwede Mantashe (die ANC se sekretaris-generaal) en (pres. Jacob) Zuma op TV te sien nie,” het hy aan duisende onder­- steuners gesê. Hy het ook die vaste aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as bedryfshoof van die uitsaaier gekap en gesê die minister van kommunikasie, Faith Mu­thambi, ondermyn die openbare beskermer, wat vroeër aangedui het Motsoeneng is nie geskik om die pos te beklee nie.

Hy het gesê die ANC is geskud deur die EFF. “Hulle is bang, want hulle verstaan die bood-­ ­skap van die EFF. Dis die bood- skap wat hulle verloën het.”

Voor Malema gepraat het, is die party se vieringe ingelui met gebed en die sing van “Nkosi Sikelel’ iAfrika”. Mbuyiseni Ndlozi, partywoordvoerder, het gesê hulle sing nie die volkslied wat ook Engels en Afrikaans bevat nie, “want ons was nie deel van diegene wat oor die volkslied ooreengekom het nie”.

Duisende ondersteuners het gistermiddag die park en omliggende gebiede volgepak. Daar was ’n BBP-tent waar gaste gratis drankies kon geniet.

Malema het oor die polemiek oor die party se kleredrag, wat daartoe gelei het dat die EFF se gekose verteenwoordigers nie in die Gautengse wetgewer toege-laat word nie, gesê die EFF gee nie om wat mense dra nie. “Ons gee eerder om vir mense se politieke wil om probleme op grondvlak op te los.”

Die EFF se ontevredenheid oor die uitsluiting uit die wet­-gewer het Dinsdag gelei tot protesoptrede wat die aand geëindig het toe die polisie rub-berkoeëls en traangas afgevuur het om EFF-lede voor die wet- gewer uiteen te jaag.

Grootskaalse skade is ook in die wetgewer aangerig toe lede die gebou ingebars en verwoesting gesaai het. Eetgerei is gesteel en luidsprekers en deurhandvatsels beskadig. Matte moes vervang word omdat ’n deel van die dak van die twee-de verdieping ineengestort het nadat EFF-belhamels water in die gange met ’n brandslang gespuit het. Ontlasting en urine moes ook later verwyder word.

Uhuru Moiloa, adjunkspeaker van die wetgewer, het eergister gesê dis te vroeg om die omvang van die skade te bepaal, maar die EFF sal beslis ’n groot rekening ontvang.

Intussen sê prof. Shadrack Gutto van die instituut vir Afrika- renaissance-studies aan Unisa, die ANC moes ruimer van gees gewees het en ’n debat oor kleredrag in die wetgewer en parlement gehou het.

Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, het gesê die ANC maak die klassieke fout van ’n party wat die sentrum beheer deur reëls af te dwing.

“Dit het die fokus op die EFF geplaas. As die ANC dit net gelos het, sou hulle self vir hul eie uniforms moeg geraak het.”


Julius Malema gister by die EFF se verjaardagvieringe in Soweto. | Foto: Elizabeth Sejake
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 441 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 935 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE