Share

Moenie dat vleis jou om die bossie lei

Wanneer jy dáárdie bossies sien, weet jy jy is in die Karoo. Dít is maklik.

Maar om skaap te bemark wat die merk van Karoolam dra, is nie so eenvoudig nie.

“Mense jok oor hul plase, hulle jok oor die voer vir diere...

“As jy wil beskerm, moet jy polisieer,” sê prof. Johann ­Kirsten, voorsitter van die Karoo-ontwikkelingstigting wat dié projek aanvoer.

Die stigting wil die boer, die produk én die verbruiker beskerm, sê Kirsten.

“Ons wil die ware Jakob bemark, daarom wil ons dit beskerm. Die verbruiker word al jare lank om die bos gelei met voerkraallam.”

Volgens Kirsten het die vraag al jare gelede ontstaan of voedselprodukte in Suid-Afrika ’n spesifieke streeksidentiteit het.

“Jy mag nie sê jy verkoop Karoolam as die vleis nie uit die Karoostreek kom nie.”

Gevra waar die Karoo is, sê hy: “As jy bossies sien. Ons sien die Karoo as oos van die Sederberge, noord van die Swartberge en suid van die Oranjerivier. By die Oos-Kaap moet jy versigtig wees.”

Hy stel dit duidelik ’n Karoolam word nié in ’n voerkraal vet gevoer voordat hy mark toe gaan nie.

“Daar was soveel verwarring dat ons reëls moes neerlê. Dit bepaal onder meer die skape moet vrylopend wees, mag geen bykomende voeding ontvang nie en moet op Karoobossies wei.

“Hulle mag ook nie op lusernlande kom nie en mag nie in ’n voerkraal staan nie.”

Volgens hom het 250 boere al by die skema aangesluit, met ses abattoirs – Calvinia (Ramskop), Williston, Carnarvon, De Aar, Groblershoop en Colesberg – wat gesertifiseer is om handel te dryf met régte Karoolam.

Tussen 1,5 miljoen en 2 miljoen ha se plase is geverifieer en opgeteken.

“Daar wag nog 10 miljoen ha wat moet opgeteken word, maar die boere moet eers aansoek doen.”

Daar is geen sprake dat sogenaamde “bossie-inspekteurs” nou in die Karoo ingestuur word nie, sê dr. Dirk Troskie, een van die rolspelers van die Wes-Kaapse departement van landbou.

“As jy ’n brood koop, weet jy nie waar die koring vandaan kom nie. Dit kan die Swartland of Au­stralië wees. Ons wou weet hoe kan landbouprodukte hulself onderskei.

“Wyn het wel al daarin geslaag. Op die bottel sal iets staan soos ‘Oorsprong Paarl’.

“Dit beteken nie een wyn is beter as ’n ander nie. Die verbruiker weet net waarvandaan dit kom. Dis waar die konsep vir Karoolam ontstaan het.”

Troskie sê hy en Kirsten het verskeie inligtingsessies gehou en al die boere het die belangrikheid van so ’n stigting besef.

“Daar is egter een boer wat ongelukkig is oor die grense.

“Die probleem is, as jy ’n grens op ’n kaart trek, gaan die grens tussen twee bure se plase deurloop. Boonop is die meeste plase nie vandag meer ’n enkele eenheid nie.”

Om die grensprobleme op te los, het die stigting gekyk waar die Karoobossies voorkom wat aan die Karoolam sy unieke smaak gee. “Ons het navorsing gebruik en kon toe ’n sagte grens trek,” sê Troskie.

“As jy egter dié bossies op jou plaas het, kan jy Karoolam produseer. Die doel is juis om niemand uit te sluit nie.”

Pierre-Jeanne Gerber, ’n oud-ANC-LP wat sowat 11 000 ha grond in die Tankwa-Karoo het, sê: “Geen boer wil hê dat ’n ou van Gansbaai sy skaap as Karoolam in die Kaap gaan verkoop nie.

“Maar pleks dat die regering jakkalse tel, wil hulle nou bossies tel.”

Gert Swanepoel van Market Barrow is een van net twee vleishandelaars in die Wes-Kaap wat gesertifiseer is om Karoolam te verkoop.

“Vleis is beslis nie maar net vleis nie. Met Karoolam weet my kliënte presies wat hulle koop. Jy weet die skaap is nie vol groeihormone gespuit nie.

“Mense vat dikwels kortpaaie om geld te maak, maar met ­Karoolam is daar nie kortpaaie nie.”

* Al die reëls soos neergelê deur die stigting is beskikbaar by www.karoomeatoforigin.com.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 487 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1079 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE