Share

Musiek-ghoeroes!

Jare gelede wou hulle Carel Hoffman, Oppikoppi se hoofkokkedoor, toesluit. Nou word hy met ’n prys vereer, skerts Hoffman terwyl hy koel agter sy skootrekenaar in die Pretoriase middestad sit in die “linkse” Oppikoppi se hoofkwartier.

20 jaar gelede was dié musiekbaas net ’n gewone myn­ingenieur wat saam met pelle op ’n plaas wou rock ’n roll.

Vanaand kry hy ’n baanbrekersprys by die prestigeryke Ghoema-toekenningsaand vir Afrikaanse musiek vir sy pionierswerk by die Oppikoppi-musiekfees.

Ook die broers Arnold en Ewald Coleske word vir hul bydrae tot die Afrikaanse musiekwêreld vereer.

“Ek sien my nie as moerse suksesvol nie,” sê Hoffman.

“Alles wat ons doen, is moerse harde werk en ons doen dit met passie.

“Ons doen nie wat ons doen vir pryse nie.”

Oppikoppi is net een van byna 100 musiekgeleenthede waarby hy betrokke is.

Maar Oppikoppi is sy baba en dié fees blaas vanjaar 20 verjaardagkersies dood. Hoffman wil nie veel verklap oor hul planne vir die 20 jaar-fees nie.

Hulle sou nie die fees kon gehou het onder die konserwatiewe regering van destyds nie, sê Hoffman.

“Ons het geen doel gehad toe ons Oppikoppi begin het nie. Ons wou net ’n goeie tyd hê.”

Daar het 300 mense opgedaag vir dié eerste “goeie tyd”. Verlede jaar was daar 20 000.

“Dit is nie so baie nie – 80 000 mense het Eminem-kaartjies gekoop,” sê hy beskeie.

Van al die Oppikoppi’s het 1998 se fees vir hom uitgestaan toe meer as 10 000 mense opgedaag het. Hoffman onthou hy het toe gedink: “Shit, hier’s ons nou. Ons speel nie meer nie.”

In Oppikoppi se jong dae was hulle “mal”, sê hy, maar in 1998 het hulle besef hulle “gaan die ding professioneel moet bestuur, of iemand sal doodgaan”.

Deesdae is Oppikoppi ’n goed geoliede masjien.

Hy meen die fees is ’n “niche-ding”. Jy sal beslis nie Afrikaanse popmusiek daar hoor nie.

Hy sê ’n mens kan deesdae nie meer net in Afrikaans sing nie, want “Afrikaans is bedreig”.

En “musiek is nie ’n ryk-word-storie nie”. Hy reken mense moet globaal begin dink en nie net plaaslik nie.

Hy meen al hoe meer jong, opkomende kunstenaars neig meer na die styl van Die Antwoord en Goldfish.

“Mense moet buite die grense dink. Jy kan baie met tegnologie doen,” sê die pa van een van Suid-Afrika se gewildste feeste.

* Die Ghoemas word vanaand by Carnival City toegeken. Die geleentheid word op 20 April om 20:00 op kykNET uitgesaai.


Arnold en Ewald Coleske en Carel Hoffman (regs) van Oppikoppi kry vanaand ’n baanbreker-prys by die Ghoemas.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 278 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 580 votes
Vote
Rand - Dollar
19.22
-0.3%
Rand - Pound
23.92
-0.4%
Rand - Euro
20.47
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.4%
Platinum
942.00
-0.9%
Palladium
1,010.00
-1.9%
Gold
2,382.28
+0.1%
Silver
28.28
+0.2%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
66,703
-0.7%
All Share
72,759
-0.7%
Resource 10
62,979
-0.5%
Industrial 25
97,553
-0.9%
Financial 15
15,394
-0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE