Share

Myn laat Weskus-boere se bakkies roes, hul skape soutbossies vreet en wingerde verlep

Hul paaie word snuifgetrap en hul bakkies roes op, hul wingerde verlep en skape krepeer weens souterige weiding.

En om nóg sout in die wonde te vryf van ’n groep druiweboere in die omgewing van Koeke­naap aan die Weskus, jaag ’n myn se vragmotors verby hul plase teen ’n spoed wat hul teekoppies laat bewe en hulle snags omtrent nie ’n oog kan laat toemaak nie.

Hulle het nie ’n probleem met Mineral Sand Resources (MSR) se nuwe Tormin-sandmyn naby Koekenaap nie, sê dié ontstoke boere, maar dit steek hulle in die krop oor hoe die swaar sandminerale soos sirkoon, rutiel en granaatsteen vervoer word.
Die veronderstelling is om die minerale van die myn af deur Klawer en dan met die N7 na Saldanha en Kaapstad se hawe toe te vervoer.

Maar, sê die boere, van Vredendal af kies van die lorries kortpad verby Lambertsbaai en Elandsbaai na Velddrif.

Dis glo om die weegbrug by Klawer te systap.

Die gevolg?

Op ’n keer is daar tussen 21:00 en 04:00 tot 50 lorries verby sy huis, sê Kobus Nolte wat langs die grondpad tussen die myn en Koekenaap boer.

“Snags tel ek nie skape nie, maar vragmotors wat teen so ’n stink spoed jaag dat die tee in jou koppie bewe.”

Genoeg is genoeg, sê die boere. Van mooipraat het dadels gekom.

Hulle het al met ’n griefskrif die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) en die departement van minerale bronne sover gekry om die myn se bedrywighede te bekyk.

Nou oorweeg hulle dit om ’n interdik teen die myn te bekom.

Hiermee wil die boere MSR dwing om nie meer seewater op die 25 km lange grondpad tussen die myn en Koeke­naap te spuit nie. Dié seewater, wat vir soveel hoofbrekens sorg, word gespuit om die padoppervlak te verhard en stof te beperk.

Buiten hul paaie wat uitgetrap word, laat die seewater hul bakkies roes en beskadig hul wingerde en weiding, sê Wilhelm Steenkamp, wat ook langs die soutpad boer. ’n Mynamptenaar het glo die boere belowe om hul bakkies te laat afwas en herstel, maar die mynbase het hom vinnig oor die vingers getik.

Nolte sê hy moes sy skape verskuif van ’n kamp langs die pad omdat die kudde weier om die “souterige bossies” te vreet.
Waterpype onderdeur die soutpad is ook al flenters getrap.

Wat Steenkamp verder grief, is dat die myn nou sand op sy buurman se grond wil stoor.

Oor sy dooie liggaam, sê hy. Die watertafel is hier maar 5 m onder die grond en hy soek eers ’n omgewingsimpakstudie voordat hy toestemming sal gee.

* MSR word gesamentlik besit deur Mineral Commodities (MRC), ’n Australiese maatskappy, en Blue Bantry Investments 255, ’n swartbemagtigingsgroep.

Rapport het Mark Caruso, MRC se voorsitter, oor die griefskrif uitgevra, maar hy wou ingevolge MRC-maatskappybeleid nie oor die kwessie praat nie.


Twee druiweboere, Wilhelm Steenkamp en Kobus Nolte, praat oor hul griewe oor die Tormin-myn.| Foto: Lulama Zenzile

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 426 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 435 votes
Vote
Rand - Dollar
19.14
+0.3%
Rand - Pound
23.81
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.39
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
922.80
-0.9%
Palladium
1,027.00
+1.1%
Gold
2,315.81
-0.5%
Silver
27.09
-0.3%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE