Share

Nianell gaan skei ná 14 jaar

Ná ’n huwelik van 14 jaar gaan die sangeres Nianell en haar man, Andrew Thompson, se paadjies skei.

Nianell het dié besluit die afgelope week in ’n eksklusiewe onderhoud met Rapport bekend gemaak.

“Dit is nie ’n besluit wat ons oornag geneem het nie. Ons het jare eers daaraan probeer werk.

“Ek en my man is baie, baie lief vir mekaar. Ons sê dit nog steeds elke dag vir mekaar. Maar ons besef ons is jare lank al eintlik net goeie vriende. Daar is nie die ander konneksies wat in ’n gesonde huwelik moet wees nie,” sê sy.

Die sangeres, gebore as Sonia Nel in Namibië, en Thompson het ’n drieling wat verlede maand sewe geword het. Die egpaar het hulle reeds van die egskeiding vertel.

Volgens Nianell wil sy en Thompson die oorgang vir die kinders so maklik as moontlik maak. Hy bly tans steeds saam met hulle in die huis waar die kinders ook tuisonderrig ontvang. Die plan is dat Thompson in ’n stadium in ’n woonstel gaan intrek.

“In my oë is hy die beste pa in die hele wêreld,” sê Nianell. Daarom is hulle vasbeslote dat die kinders hulle albei elke dag sal sien.

Nianell was kort voor haar drieling se verjaardag Kaap toe. Op ’n foto saam met haar vriendinne dra sy nie meer haar trouring nie.

“Hierdie pynlike, maar ook genesende besluit het ons nie ligtelik geneem nie omdat ons ten volle bewus is van die vele uitdagings wat gepaardgaan met ’n egskeiding. Ons het egter besef ons het weg van mekaar gegroei en dat ons saamwees nie meer ons eenwees eer nie,” sê sy in ’n mediaverklaring oor die egskeiding.

Hulle was 17 jaar saam, waarvan hulle 14 jaar getroud was. In 2010 het hulle hul huweliksbeloftes by ’n romantiese seremonie herbevestig.
“Ek het baie lank my eie behoeftes opsy geskuif. Ek het deur die jare geleer om myself lief te hê. ’n Mens groei en nou weet ek: Ek is belangrik en dit wat ek nodig het, is ook belangrik,” sê sy.

Andrew besef hoe sy voel en “het ook vrede”, sê sy.

“Dit is ’n baie groot storm wat om my woed, maar dit is asof ek in die oog van die storm staan. Ek is steeds dankbaar. En binne-in my het ek steeds geloof en vrede,” sê sy.

Ná die drieling se geboorte, het Andrew voltyds as Nianell se bestuurder gewerk, deels sodat die gesin meer tyd saam kon deurbring. Hy is egter ’n paar maande gelede aangestel as hoofbestuurder van ’n maatskappy wat gespesialiseerde toerusting vir oogspesialiste verskaf.

“Met vrede in ons hart weet ons dat ons die beste besluit vir ons en ook vir ons pragtige kinders gemaak het. Wanneer ons gelukkig in onsself is, sal ons kinders ook gelukkig wees. Ons het deur die jare geleer dat om n goeie ouer te wees, n mens die beste “jy” moet wees wat jy kan wees. Ek en Andrew voel dat ons nie meer ons beste by mekaar kan wees nie,” het Nianell gesê.

Sy het gevra dat mense vir hulle sal bid “in hierdie teer tyd”.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 475 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1040 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent-ruolie
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE