Share

Nkandla-opknappings was ’n ‘ongerief’ vir Zuma

Die verbeterings by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning het eintlik ongerief vir Zuma veroorsaak en dit is tyd dat ons ophou “inmeng” met wat gebeur het by dié koninklike kampong.

Só het Baleka Mbete, nasionale voorsitter van die ANC, gesê.

Mbete is by ’n media-ontbyt gevra of die ANC se topbestuur meen Zuma moet aanspreeklikheid aanvaar vir Nkandla.

Sy het gesê nee. “Die president het geen besluite geneem nie. Baie van die besluite was eerder ’n ongerief en is steeds ’n ongerief.
“Al die aandag is ook vir die familie ongemaklik.”

Mbete het gesê ondanks ’n verslag deur die openbare beskermer (OB) wat aanbeveel dat Zuma geld moet terugbetaal vir Nkandla-aanbouings, meen die ANC daar is “geen rede” hiervoor nie.

“In die Afrika-tradisie meng mens nie in met ’n man se kraal nie. Dis ’n heilige plek.”

Daar is boonop geen planne om op te tree teen Nathi Mthethwa, minister van polisie, weens sy rol in die Nkandla-debakel nie.

Mbete het ontken die ANC probeer nou die werk van ’n parlementêre ad hoc-komitee vertraag wat opdrag gekry het om die OB se Nkandla-verslag te ondersoek. Die ANC het nog nie die name van LP’s wat in dié komitee sal dien, ingestuur nie.

Dié vertraging kan die komitee met net enkele dae laat om sy ondersoek te doen en ’n verslag te skryf.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Now that e-tolls gantries have been switched off, will you be settling your outstanding debt?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No way, they're not getting a cent from me
88% - 1779 votes
Yes, I guess it's the right thing to do
4% - 75 votes
Mmh, I'm watching legal cases and playing it by ear
8% - 170 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+0.2%
Rand - Pound
23.68
-0.1%
Rand - Euro
20.29
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.24
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
952.30
-2.4%
Palladium
1,036.00
+1.3%
Gold
2,371.75
-0.5%
Silver
28.27
+0.6%
Brent Crude
90.02
-0.1%
Top 40
66,899
0.0%
All Share
72,995
-0.0%
Resource 10
63,378
+2.8%
Industrial 25
97,824
-0.5%
Financial 15
15,384
-1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE