Share

‘Nuwe’ Shaleen skud toe lag-lag die vetjies af

“Hierts,” sê Shaleen Surtie-­Richards en draai haar rug sodat ’n mens haar sexy agterstewe kan sien. Sy klap op haar boud en knipoog.

“Dit is die eerste keer dat ek in ’n ontwerpersdenim pas.

“Dit is ’n perfekte nommer 33. Kan julle dit glo?

“Ek vreet nog ’n tjoklit wanneer ek wil,” kraai sy, “maar ek voel goed en ek lyk goed.”

Dit is ’n nuwe vrou wat vroeër vandeesweek op Villa Rosa se stel in Johannesburg sit. Van haar geliefde “siga­retjies” het sy nog nie ontslae geraak nie, maar van die kilogramme om haar middellyf wel. Die garderobe-mense moes rondskarrel om vir haar karakter Fran kleiner kostuums te kry nadat sy ’n volle 20 kg afgeskud het.

Soos Hennie Smit, wat jare lank Bertie in Egoli was, by die Innibos-fees jaloerserig gepruim het: “Hoe kry sy dit reg om so goed te lyk?”
En Hennie het selfs by ’n maerword-kliniek daar in die Oos-Kaap gaan aanklop om van sy boep ontslae te raak.

“Ek weet ou Hennie sukkel maar, hie-hie,” lag sy weer.

Op 59, sê Shaleen, is sy nou baie sexy. Sy trek haar baadjie uit, rem aan haar toppie sodat ’n mens net twee bruin skouers en ’n baie vroulike borsgleuf sien en pruil haar lippies terwyl sy oor haar skouer loer. “Dit is my sexy toppie en ek sal my cleavage aanhou wys tot daar te veel plooie is.”

Sy het sowat twee jaar gelede ’n beroerte gekry, wat haar groot laat skrik het. Sy het besef sy moet maer word.

“Nie omdat ek wou nie, maar omdat ek moes. Vir my gesondheid.”

Haar geheim? “Oukei,” sê sy en leun nader, “ek drink maerword-pille. En dit werk, jy kan mos sien. Ek wil nog so 5 kg verloor.”

Sy het dié week klaargemaak op die Villa Rosa-stel. Volgende is Rondomskrik, ’n teaterproduksie oor Anene Booysen se lewe. “Ek speel die rol van die uitkyk-antie. Daai vrou wat na almal omsien.”

Sy groet en stap weg, haar boudjies aitsa in die denim.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 553 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 796 votes
Vote
Rand - Dollar
18.87
+0.3%
Rand - Pound
23.84
+0.3%
Rand - Euro
20.38
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE