Share

‘Ons wíl praat oor Nkandla,’ sê ANC, maar ...

Die ANC wil ’n parlemen­têre debat oor Nkandla hê en pres. Jacob Zuma moet teenwoordig wees.

Die ANC brand om die sage ­agter hom te sit, maar voor dit kan gebeur, moet die parlement die Nkandla-kwessie behoorlik hanteer, het Stone ­Sizani, ANC-hoofsweep in die parlement, in ’n onderhoud aan Rapport gesê.

Die enigste manier om dit te doen is volgens Sizani om ’n tweede ad hoc-komitee aan te stel wat ’n verslag aan die Na­sionale Vergadering (NV) kan voorlê sodat die parlement die kwessie kan debatteer.

Met dié debat moet Zuma teenwoordig wees.

“As jy regverdigheid wil hê, kan jy nie oor iemand praat in die persoon se afwesigheid nie,” het Sizani gesê.

“Vir regverdigheid moet jy met die persoon kommunikeer, ongeag die bevindings voor jou. Jy kan nie enigiemand veroordeel sonder dat jy met die persoon gepraat het nie.”

Sizani se steun vir ’n Nkan­dla-debat kom te midde van hewige kritiek van opposisiepartye dat die ANC probeer verhinder dat ­Zuma verantwoording doen vir Nkandla.

Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), het bevind R246 miljoen se belastinggeld is aan opknappings by die president se Nkandla-woning bestee, die president en sy familie het aansienlike geldelike voordeel getrek uit die verbeterings en hy behoort ’n “rede­like persentasie” van die koste terug te betaal.

Madonsela het ook bevind hy het die Etiekwet, asook dele van die Grondwet oortree deur die verbeterings toe te laat.

Zuma het die afgelope week onderneem om teen 16 Julie ’n volledige verslag met aanbevelings aan die parlement voor te lê in reaksie op die OB se Nkandla-verslag en ’n ondersoek van die spesiale ondersoekeenheid (SOE).

“Ons dink teen die tyd wat die (president se) verslag parlement toe kom, sal ons ’n volledige prentjie hê,” het Sizani gesê.

“Dit sal die parlement in staat stel om die saak te oorweeg en sy bevindings ter tafel te lê, wat sal bepaal watter rigting die uitvoerende gesag met die saak moet inslaan.”

Sizane het gesê die ANC voel sterk daaroor dat die kwessie deur die parlement beslis moet word.

“Dit is die ANC se posisie dat die verslag hierheen moet kom sodat ons dit kan hanteer en deur die parlement aan die nasie kan terugvoering gee.”

’n Ad hoc-komitee wat in April deur Max Sisulu, voormalige speaker, aangestel is om die OB se Nkandla-verslag te oorweeg, is ontbind sonder om sy werk te doen weens ’n gebrek aan tyd voor die verkiesing.

Opposisiepartye in die parlement is ten gunste van ’n tweede ad hoc-komitee om die eerste se werk te voltooi.


Stone Sizani, ANC-hoofsweep, in sy kantoor in die parlement. Foto: Jaco Marais
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 495 votes
No! It's time to move on ...
35% - 264 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE