Share

Oscar: Rykdom ás hy oorleef

Oscar Pistorius word oorval met aanbiedinge vir ’n boek, die regte vir ’n rolprent en om as motivering-spreker op te tree.

Trouens, ’n bron met goeie kennis van die Olimpiese held se sake sê hy sal selfs dadelik sy atletiekloopbaan kan hervat omdat hy steeds uitnodigings na wêreldbyeenkomste kry.

Maar voor hy dalk dié lewe van voortgesette roem en rykdom kan hervat, wag die lywige uitspraak wat Donderdag en Vrydag deur regter Thokozile Ma­sipa in die hooggeregshof in Pretoria gelewer word.

En dít gaan ’n moeiliker hekkie wees om oor te steek as enige ander uitdaging waarvoor Pistorius nog te staan gekom het, sê prof. Wium de Villiers, ’n strafregkenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria.

Hofpersoneel sê Masipa het hulle reeds ingelig dat sy die volle uitspraak – in plaas van ’n opsomming en bevinding met geskrewe redes – in die hof gaan voorlees. Dit gaan beslis langer as een hofdag wees, maar Pistorius sal teen die naweek weet of sy hom skuldig bevind het aan moord op sy modelvriendin, Reeva Steenkamp.

De Villiers verduidelik Masipa en haar twee assessore werk nou deur hul notas om die uitspraak voor te berei.

Die uitspraak begin met ’n opsomming van die getuienis. Masipa sal ’n bevinding oor die geloofwaardigheid van elke getuie maak. Dan gaan sy besluit of die staat al die elemente van die misdade waarvan hy aangekla word, bo redelike twyfel bewys het.

Sy sal ook beoordeel of Pistorius se weergawe van gebeure redelik en moontlik waar is.

“Die probleem is dat sy eie weergawes verskil het. Jy kan nie meer as een weergawe hê nie,” sê De Villiers.

Hier is wat kan gebeur, volgens De Villiers:

* Masipa gaan besluit of hy opset gehad het om te moor. As hy wel gehad het, sal sy hom skuldig bevind op aanklag van moord. Indien sy bevind hy het nalatig opgetree, kan sy hom aan strafbare manslag skuldig bevind, al is hy nie uitdruklik daarvan aangekla nie. Sy kan ook beslis hy het soos ’n redelike persoon opgetree toe hy die vier skote afgevuur het en daarom aan geen misdaad skuldig is nie. “Ek dink egter dis hoogs onwaarskynlik. Volgens sy eie weergawe sal hy waarskynlik minstens aan strafbare manslag skuldig bevind word.”

* Die res van die klagte, soos die nalatige afvuur van ’n vuurwapen, is eintlik nietighede, sê De Villiers. “Die staat se saak lyk hier ook sterk, maar enige vonnis wat hy hiervoor opgelê word, sal in elk geval waarskynlik samelopend met die hoofklag uitgedien word.”

* Indien Pistorius onskuldig bevind word op al die aanklagte, is dit die einde van die saak.
Ondanks die reuse-verliese wat Pistorius aan borgskappe gely het, sal hy nie sommer slaag met ’n vergoedingseis nie, verduidelik De Villiers. Dis omdat Pistorius sal moet bewys hy is kwaadwillig vervolg.

* Ná ’n moontlike skuldigbevinding volg die vonnisprosedures. Die saak sal waarskynlik uitgestel word hiervoor. Die staat kan verswarende getuienis voorlê en die verdediging versagtende getuienis. Albei kan getuies hiervoor inroep.

* Iets om na op te let is of Masipa in die komende week reeds geluide maak of sy meen daar was voorafbeplanning van die moord, sou hy daaraan skuldig bevind word. Daardie aspek is eers belangrik vir vonnisoplegging. Die minimum voorgeskrewe vonnis vir ’n eerste oortreding van moord is 15 jaar tronkstraf, maar as dit boonop met voorbedagte rade en beplanning was, is dit lewenslange tronkstraf.
As hy aan strafbare manslag skuldig bevind word, is daar geen voorgeskrewe vonnis nie. Dit kan enigiets van korrektiewe toesig tot baie jare agter tralies beteken. “Ek skat so tussen vyf en tien jaar,” sê De Villiers.

* Kenners soos De Villiers hou ook dop of Masipa gaan meen die “redelike persoon”- toets moet aangepas word vir mense met gestremdhede. “Maak die feit dat hy nie bene het nie dat ’n mens volgens die reg ander gedrag van hom kan verwag as van die redelike persoon mét bene?”

* Moenie noodwendig antwoorde oor die motief verwag nie, maan hy. Dit is nie nodig om die motief vir ’n misdaad te bewys nie en niks verhinder óf verplig Masipa om haar hieroor uit te spreek nie.

* Indien hy skuldig bevind word en die versagtende omstandighede oorweeg word, wag daar nog ’n kinkel. “Ek dink adv. Barry Roux het ’n fout begaan deur sy beweerde angsversteuring in die verhoor op te haal. Dit was nou deel van die meriete van die saak en hy is vir waarneming verwys. Nou is daardie deur toegemaak. Ek weet nie of hy dit later weer kan ophaal as versagtende omstandighede noudat die meriete daarvan reeds oorweeg is nie.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Are you among the many South Africans who've added more tinned fish to their grocery baskets?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, pilchards is the new chicken
41% - 430 votes
No, I can't stand canned foods
59% - 623 votes
Vote
Rand - Dollar
18.65
-0.7%
Rand - Pound
23.27
-0.5%
Rand - Euro
20.06
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.25
-0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
966.06
-1.3%
Palladium
952.01
-2.3%
Gold
2,309.76
-0.2%
Silver
27.24
-0.0%
Brent-ruolie
83.16
-0.2%
Top 40
70,694
-0.1%
All Share
76,916
-0.0%
Resource 10
60,401
-1.0%
Industrial 25
107,458
+0.3%
Financial 15
16,733
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE