Share

Pappa Bobby is leepoog oor sy twee woelwaters

Bobby van Jaarsveld (27), die soetseun van Afrikaanse musiek, sê hy en sy vrou, Annatjie, het aanvanklik nie aan voorbehoeding geglo nie.

Maar twee seuns wat so vinnig ná mekaar hul opwagting gemaak het, laat die egpaar nou wéér oor die kwessie dink.

“Ons glo nou ’n bietjie daaraan,” skerts Van Jaarsveld ­vroeër die week by die bekendstelling van nóg ’n seisoen van die teaterproduksie Liefling.

Van Jaarsveld lyk moeg.

Sy groen oë skitter nie.

Ja, ouerskap is besig om hom “oud te maak”. “ ’n Mens kan ook net soveel oogdruppels ingooi. Ek is maar baie besig en die kinders slaap steeds nie deur nie. Dus slaap ons ook nie.

“Albei is nog in doeke, drink bottels en huil mekaar snags wakker. Ons staan partykeer tot agt keer per nag op.”

Hoewel Van Jaarsveld daarna smag om ’n dogtertjie te hê, wil hulle eers ’n bietjie wag.

“Ons wil nog baie kinders hê, maar nie nou nie.

“Ons soek eintlik ses. Ek droom van ’n huis vol kinders en as dit die Here se wil is, sal ons nog kinders hê.

“Ek is so bang die Here het vir ons nog kinders beplan en dan stop ons Sy plan.”

Hoe hou die toekomstige mamma van vele haar figuur so slank?

“Dit is ons geheim,” knipoog Van Jaarsveld.

Volgens Van Jaarsveld lyk dit nou al asof Sion en Leben in hul pappa en bekende tannie, Karlien, se musiekvoetspore gaan volg.

“Sion love die verhoog en ons hou baie konserte by ons huis.

“Dan moet ons (ek en Annatjie) stilsit en kyk en ons moet hande klap. Hy sing al self sy eie vreemde, maar mooi liedjies. Leben volg maar vir boetie.

“Hy skreeu agterna, maar hy skreeu darem op die noot.

“Leben het ’n baie diep stem. Dit klink of hy Theuns (Jordaan) se laaitie kan wees.”

Van Jaarsveld sê hulle sal graag hul kinders op die Kaapse platteland wil grootmaak. “Ek is in die Paarl gebore. Dit voel soos huis.”

Van Jaarsveld neem nou sy nuwe CD op. “Dit het nog nie ’n naam nie, maar behoort teen die einde van volgende maand op die rakke te wees.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 475 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1039 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE