Share

Paul sê: ‘Sjym vir jou geheim’

Dit moes alles ’n geheim wees: Die versoek dat Paul O’Sullivan, een van die land se bekendste private ondersoekers, inligting moet help versamel oor die grootbaas van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL).

Die dryfveer agter die diskrete ondersoek was ’n SAL-direkteur wat die dienste van ’n private speurder ingeroep het te midde van binne­gevegte en bewerings van korrupsie, wanbestuur en bedrog.

Uit lojaliteit aan Monwabisi ­Kalawe, uitvoerende hoof van die SAL, het O’Sullivan besluit om die “onwettige” ondersoek teen Kalawe te kelder deur hom alles te vertel.

O’Sullivan het jare lank saam met Kalawe by die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) gewerk en sê nou dit was sy plig as “eerbare landsburger” om hom in te lig oor die ondersoek wat deel was van ’n “onwettige veldtog” om die SAL “verder te destabiliseer”.

Rapport het die afgelope week afskrifte van e-posse bekom waarin O’Sullivan aan ­Hennie ­Theron, ’n private speurder van Gauteng, erken het hy het Kalawe van die ondersoek ingelig.

O’Sullivan het ook erken hy het selfs die identiteit van die direkteur wat die ondersoek aangevra het, bekend gemaak.

Theron het O’Sullivan vroeër vanjaar ontmoet om te vra om hulp met die forensiese aspekte van die ondersoek.

Hy het nie geweet O’Sullivan en Kalawe ken mekaar nie en O’Sullivan het dít nie aan ­Theron bekend gemaak nie.

Volgens Theron het O’Sullivan gesê hy sal kyk wat hy kan doen om te help. O’Sullivan sê hy het nie onderneem om deel te neem aan die ondersoek nie.

Theron se kliënt het kort daarna gesê hy moet die ondersoek staak omdat haar identiteit op die lappe gekom het, waarna hy by O’Sullivan wou weet hoe dít kon gebeur het.

O’Sullivan het in sy eerste e-pos aan ­Theron aangevoer hy het Theron om die bos gelei omdat hy eintlik self gevra is om die SAL te ondersoek.

In ’n e-pos kort daarna het hy met die hele sak patats vorendag gekom.

“Die feit is dat ek een van die onderwerpe van jou ondersoek al sowat 15 jaar lank ken en eenvoudig weet dat die vullis waarna jy soek, nie gevind sou word nie,” lui die e-pos.

“Trouens, binne vyf minute nadat jy my kantoor verlaat het, het ek die proses begin om die betrokke persoon in te lig dat jy hier was, wie jou kliënt is en waarna jy gesoek het,” het O’Sullivan gesê.

“Jy het maar net die verkeerde persoon gekies om om hulp te nader. So is die lewe maar.”

Theron is woedend.

“Dit is heeltemal oneties,” sê Theron.

O’Sullivan stem nie saam nie.

“Wat ek gesien het (Theron se ondersoek), was niks meer nie as ’n veldtog van leuens en verdagmakery wat gemik was op ’n persoon wat ek ken as ’n ordentlike, eerlike en wetsgehoorsame landsburger.

Indien my rol gehelp het om die verraaier agter sulke laakbare gedrag te identifiseer en bloot te stel, is ek trots daarop,” sê O’Sullivan.

Tlali Tlali, woordvoerder van die SAL, sê ook die ondersoek na Kalawe-hulle was onwettig omdat die raad dit nie goedgekeur het nie.

Die direkteur wat die ondersoek gelas het, het bedank “eerder as hom of haarself aan die raad te verduidelik”, sê Tlali.


Paul O’Sullivan


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 939 votes
No! It's time to move on ...
33% - 457 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.52
+1.2%
Rand - Euro
20.13
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+2.4%
Platinum
922.80
-0.3%
Palladium
962.50
-2.8%
Gold
2,339.27
+0.3%
Silver
27.29
-0.5%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE