Share

Pistorius se oom het toe niks met weermag te doen

Die klubganger met wie Oscar Pistorius glo vasgesit het, beweer die atleet het by hom gespog sy familie “besit die Suid-Afrikaanse weermag”. Pistorius het glo ook vir hom selfoonfoto’s gewys van pantservoertuie.

Die Pistorius-familie het dié bewering as “bisar” afgemaak.

Die enigste familielid van ­Oscar wat enige belange in die pantservoertuigbedryf het, is sy oom Theo ­wat al jare lank N14 Trucks besit. Dié onderneming langs die N14-snelweg op pad Bronkhorstspruit toe het in die verlede vir Mechem, ’n afdeling van Denel, gehelp met die bou en opgradering van Casspir-pantservoertuie wat in die buiteland in vredesoperasies en in ontmyning gebruik is.

Die maatskappy verskaf egter nie pantservoertuie aan die weermag nie. Dit is ook nie ’n amptelike agent vir BAE Systems Land Systems wat Casspirs, Mambas en ander militêre pantservoertuie vir die weermag bou nie.

N14 Trucks voer wel heelwat van die surplus-voorrade pantservoertuie, wat op vendusies deur onder meer die polisie verkoop word, na ander lande uit en bou ook sy eie pantservoertuie wat op Casspirs en Mambas gegrond is.

Só word heelparty van die voertuie as ondersteuning in die Verenigde Nasies se vredesoperasies in Afrika gebruik.

Theo Pistorius se seun Theodore is ook by die onderneming betrokke.

Volgens ingeligtes in die pantservoertuigbedryf het die maatskappy ’n uitstekende reputasie wat geheel en al bo verdenking is. Dit is egter nié – soos wat Oscar na bewering gespog het – ’n rolspeler in die weermag se dag-tot-dag-bedrywighede nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 509 votes
No! It's time to move on ...
34% - 268 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.1%
Rand - Pound
23.80
-0.0%
Rand - Euro
20.42
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
930.00
+0.5%
Palladium
993.00
+0.3%
Gold
2,334.45
+0.1%
Silver
27.49
+0.2%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE