Share

Plakkate: Op berge en in tale

Politieke partye probeer weer in tale praat. Plakkate op lamppale wys dié met dikker beursies wil haas elke gemeenskap in hul eie taal bereik.

Daar is selfs ’n ANC-plakkaat in Chinees. Een van die ANC se Afrikaanse plakkate lui: “Saam neem ons Suid-Afrika vorentoe” en ’n IVP-plakkaat: “Die mag is joune.”

’n DA-plakkaat basuin uit: “Saam vir verandering” terwyl een van die VF+ sê: “Saam is ons sterker.”

Nie alle partye met veeltalige plakkate het verseker dat die gepaste plakkaat in die regte gebiede kom nie.

So is daar Afrikaanse plakkate in oorwegend Engelse gebiede of Afrikaanse plakkate in townships waar meestal Afrika-tale gepraat word.

Rapport se fotograwe het ook DA-plakkate met ’n Afrika-taal in Parkhurst, ’n ryk Johannesburgse voorstedelike Engelse buurt, aangetref.

Politieke partye sê egter hulle doen hul bes om hul boodskappe in ’n verstaanbare taal oral te kry.

Jonathan Moakes, die DA se nasionale verkiesingsveldtogbestuurder, sê die party het honderdduisende plakkate laat druk in al die amptelike tale in die land, met inagneming van die tale in die verskillende provinsies.

“Johannesburg is kosmopolities genoeg dat ons boodskap vir groot dele van ’n gemeenskap verstaanbaar sal wees en in Parkhurst woon nie net Engelssprekendes nie.”

Sibongile Nkomo, die IVP se sekretaris-generaal, sê die party se Afrikaanse plakkate kom ook in sommige townships in Johannesburg voor omdat daar ook Afrikaanse mense woon.

“Ons Luister-na-die-mense-veldtog vroeër het baie gehelp om te bepaal waar ons plakkate moet kom en in watter taal,” sê sy.

Cope het twee plakkaat-weergawes, net in Engels, maar die ander bemarkingsmateriaal is in alle tale, sê die woordvoerder Johann Abrie.

’n Ander ANC-plakkaat span oudpres. Nelson Mandela se nalatenskap in om stemme te werf. “Defend Madib’s (sic) legacy,” lui die plakkaat.

Die ANC se alliansievennoot die SAKP probeer ook om die laaste druppel waarde uit die naam van dié ikoon te tap. “Doen dit vir Madiba,” moedig dié party stemgeregtigde Suid-Afrikaners met ’n bloedrooi plakkaat aan.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
40% - 53 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
60% - 79 votes
Vote
Rand - Dollar
19.08
-0.9%
Rand - Pound
24.03
-0.6%
Rand - Euro
20.57
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.38
-0.2%
Rand - Yen
0.13
-0.9%
Platinum
890.97
-0.7%
Palladium
988.99
-1.3%
Gold
2,195.56
+0.0%
Silver
24.43
-0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
67,885
+0.3%
All Share
74,077
+0.2%
Resource 10
56,208
+1.0%
Industrial 25
103,636
+0.4%
Financial 15
16,471
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE