Share

Private sorg: Spog-hospitale in spervuur

Private hospitale bied in die algemeen beter sorg as staatshospitale, maar die bykans 9 miljoen Suid-Afrikaners met toegang tot private gesondheidsorg kry nie noodwendig die gehalte van sorg waarvoor hulle ten duurste opdok nie.

Só meen mediese en regs­mediese kenners nadat twee pasiënte private hospitale die laaste week van mediese nalatigheid beskuldig het.
Rita du Plessis (83) het verlede maand onnodig ’n hartoperasie in die Mediclinic Kimberley ondergaan nadat twee spesialiste haar met ’n ander pasiënt verwar het, het Volksblad Woensdag berig.

Beeld het Donderdag berig oor Clouie Saayman, ’n babameisie wat op 28 weke gebore is en uiteindelik vier vingers verloor het terwyl sy in die Mediclinic Nelspruit versorg is.

Die Mediclinic Kimberley het Du Plessis om verskoning gevra vir die fout.

Die Mediclinic Nelspruit ontken egter dat die hospitaal of sy personeel nalatig was en hou vol Clouie se ouers was deeglik bewus van die “komplikasies wat geassosieer word met vroeggeboorte en die verlies van haar vingers”.

Dr. Hennie Pienaar, tesourier van die Suid-Afrikaanse Regsmediese Vereniging (SAMLS), sê Suid-Afrikaners met toegang tot private sorg flous hulself oor die gehalte van plaaslike private hospitale.

“In die openbare sektor is daar voorbeelde van fenomenale sorg, maar daar is ook baie swak sorg. Dieselfde geld die private sektor,” sê Pienaar.

Hy is ’n chirurg en senior dosent by die Universiteit van Pretoria (UP) se mediese fakulteit.

Pienaar meen een van die probleme wat sowel die private as die openbare gesondheidsektor kniehalter, ontstaan in die opleidingsfase.
“Dit wil voorkom of die meeste studente nie meer vir hulself wil dink nie. Daar is nie meer genoeg ondersoekende denke onder mediese studente nie,” sê Pienaar.

In ander gevalle beskik mediese dosente en opleiers self nie oor die nodige ervaring, kwalifikasies of vaardighede om medici op te lei nie, meen Pienaar.

’n Senior rolspeler in die plaaslike mediese bedryf wat anoniem wou bly, sê Suid-Afrikaners sal geskok wees as hulle van die data sien oor die gehalte van sorg in die private sektor.

“In die VSA is tussen 20% en 30% van alle mediese koste gekoppel aan komplikasies en newe-effekte wat uit mediese behandeling spruit. Ek sou nie verbaas wees as daardie syfers ook vir Suid-Afrika se private sektor geld nie,” sê hy.

Justin Malherbe, ’n prokureur by die regsfirma Norton Rose Fulbright wat medici en gesondheidsinstellings in regsmediese eise verteenwoordig, sê die aansienlike toename in eise vir mediese nalatigheid en wanpraktyke raak die openbare én private sektor. “Dit is deesdae nie ongewoon om eise teen dokters en hospitale van meer as R20 miljoen te sien nie,” sê Malherbe.

Ronald Bobroff, een van die land se voorste prokureurs wat pasiënte in mediese eise verteenwoordig, sê private hospitale is steeds heelwat beter as openbare hospitale.

Hy meen egter veral probleme met die verpleegkunde in die private sektor sorg vir ’n toename in mediese eise.

Rapport het verlede jaar berig eise vir mediese nalatigheid en wanpraktyke teen provinsiale gesondheidsdepartemente in 2012-’13 beloop R4 miljard, terwyl daar ’n verdere R8 miljard se onafgehandelde eise is.

Hoewel soortgelyke data vir die private sektor nie beskikbaar is nie, meen kenners die koers waarteen eise teen private medici en hospitale toegeneem het, geld ook dié sektor.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
52% - 270 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
48% - 245 votes
Vote
Rand - Dollar
19.24
-0.2%
Rand - Pound
23.86
-0.7%
Rand - Euro
20.53
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.41
-0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
916.30
-1.6%
Palladium
1,002.50
-1.3%
Gold
2,302.27
-1.1%
Silver
26.95
-0.9%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
67,762
+0.4%
All Share
73,709
+0.2%
Resource 10
59,132
-3.0%
Industrial 25
102,584
+1.5%
Financial 15
15,820
+1.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE