Share

R699-skema-slagoffers kry klasaksie gereed

Renault sit met 400 intreevlak­motors wat hy sukkel om te verkoop omdat verkope deur die R699-skema opgedroog het. Ander motorvervaardigers is vermoedelik in dieselfde bootjie.

Satinksky 128, Albert Venter se motorhandelaar, het glo die motors bestel, maar nie kom afhaal nie. Venter is die grootbaas van die R699-skema.

Volgens ’n motorhandelaar in Germiston wat ook voorheen aan R699-kliënte motors verkoop het, het al die bestellings in April opgedroog.

“Dit blyk dat die skema ineengestort het. Verbruikers het hul vertroue daarin verloor en Satinsky 128 is nie meer in staat om voertuie te verkoop nie. Motorhandelaars en banke weier nou om met hom sake te doen,” sê ’n kollega van Venter.

Intussen wil ’n prokureur van Port Elizabeth, Duncan Heuer, namens R699-voertuigeienaars ’n klasaksie instel teen Satinsky 128 en die banke wat hul motors gefinansier het. Hy bring Dinsdag ’n aansoek in die hooggeregshof in Port Elizabeth.

“Ons gaan vra vir ’n dringende interdik dat verbruikers se rekeninge nie gedebiteer mag word nie terwyl ons kyk na die feite van die saak,” sê hy.

Heuer waarsku verbruikers dat hulle nie deel kan wees van die klasaksie as hulle besluit om ’n kontrak met die bank aan te gaan om hul voertuig te hou en hul finansiering te herstruktureer nie.

“Ons glo dat die banke wel enige uitstaande skuld moet afskryf indien verbruikers hul voertuig vir die bank teruggee,” sê hy.

Volgens hom is die klasaksie gegrond op ’n moontlikheid dat Satinsky 128 aan verbruikers se kredietaansoeke gepeuter het.

“Ons ondersoek dui daarop dat verbruikers se inkomste en uitgawes wat deur Satinsky 128 aan die banke deurgegee is, heelwat verskil van die inligting wat hulle oorspronklik by die bank ingedien het,” sê hy.

Meer as 500 mense het teen Vrydag aangedui dat hulle sal deelneem aan die klasaksie.

Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) het ook aangedui dat hy Satinsky 128 en banke gaan ondersoek wat geld aan mense geleen het om motors deur die R699-skema te koop.

’n Voormalige werker wat vir Venter by sy luukse huis op die landgoed Mooikloof in Pretoria gewerk het, het die afgelope week vertel hy het soos ’n popster geleef voordat sy geld in November opgedroog het.

Hy het ’n blommerangskikker, ’n sjef, ’n butler en vier huiswerkers gehad wat salarisse van tot R40 000 per maand verdien het, het die werknemer beweer.

Sy blommerekening was sowat R28 000 per week en hy het tjeks van tot R20 000 uitgeskryf om sy vuurwaens te laat poleer.

“Sy leuse was dat ons niks moet doen om hom geld te bespaar nie,” sê die werker.

Venter het geweier om met Rapport te praat.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 513 votes
No! It's time to move on ...
35% - 273 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.1%
Rand - Pound
23.80
-0.0%
Rand - Euro
20.41
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
930.60
+0.6%
Palladium
996.00
+0.6%
Gold
2,336.45
+0.2%
Silver
27.52
+0.3%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE