Share

Rebelle besteel glo die dooies

Elke stukkie oorskot en wrakstuk is deel van ’n komplekse misdaadtoneel. Al die stukkies moet uiteindelik soos ’n legkaart inmekaar pas om die onteenseglike bewyse te verskaf van wat met rampvlug MH17 gebeur het.

“Die toneel is in dié stadium ’n nagmerrie vir enige ondersoeker,” het brig. Leonie Ras, hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se slagoffer-identifikasiesentrum in Pretoria, gister aan Rapport gesê.

“Wrakstukke lê oor ’n gebied van 25 km verstrooi in die middel van ’n oorlogsone. Interpol het reeds begin om ’n tussentydse span van forensiese kundiges aan te stel om die gebied se veiligheid en beskikbare geriewe vir die ondersoek te beoordeel. Daarna sal ’n versoek aan polisiedienste wêreldwyd gestuur word om kundiges te betrek om vingerafdrukke, DNS, tande-rekords en ander gegewens te ontleed.”

Pro-Russiese rebelle is gister daarvan beskuldig dat hulle die ongelukstoneel kontamineer en daarmee peuter. Die separatiste het 38 lyke na ’n lykshuis in Donetsk geneem en is betrap dat hulle kontant, kredietkaarte en ander waardevolle items van slagoffers steel.

Volgens Ras het die Amerikaanse federale ondersoekburo (FBI) en vervoerveiligheidsraad (NTSB) reeds ’n span na die toneel gestuur om te help met die beveiliging daarvan.

“Forensiese ondersoekers moet die toneel ontleed en bewyse insamel om vas te stel wat gebeur het. Ons moet terselfdertyd ook berusting vir die families bring oor hoe hul naasbestaandes tot hul einde gekom het, en aan hulle oorskot besorg wat hulle kan begrawe.”

Volgens haar word alle oorblyfsels gedokumenteer en na ’n sentrale punt geneem waar die toneel geherkonstrueer word.

Dit is egter onduidelik waar dit sal wees gegewe die gespanne toestand tussen Rusland en ­Oekraïne.

“Die probleem met MH17 is dat daar ’n eerste stadium van vernietiging was toe die projektiel die vliegtuig getref het. Dit was 10 000 m bo die grond en daar was verdere verrinnewering op pad grond toe.”

Volgens Rennie van Zyl, vliegongelukondersoeker, sal die ontleding van die wrakstukke kan bewys watter plofstof ter sprake is en waar dit die vliegtuig getref het.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
What is a non-negotiable when considering the election manifestos from various parties?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
A solid plan for load shedding
15% - 443 votes
Bold climate change objectives
1% - 30 votes
Roadmap for economic recovery
51% - 1533 votes
Solutions to SA's crime crisis
33% - 977 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.6%
Rand - Pound
23.97
-0.3%
Rand - Euro
20.53
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.6%
Platinum
894.10
-0.3%
Palladium
996.00
-0.6%
Gold
2,196.05
+0.1%
Silver
24.45
-0.8%
Brent-ruolie
86.09
-0.2%
Top 40
67,848
+0.3%
All Share
74,067
+0.2%
Resource 10
56,251
+1.1%
Industrial 25
103,518
+0.2%
Financial 15
16,466
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE