Share

Ronde 2 dreig oor EFF en vrae

Chaos kan wéér in die parlement losbars wanneer die speaker besluit hoe sy gaan reageer op die krisis wat deur die EFF veroorsaak is, asook die president se weiering om parlementêre vrae behoorlik te beantwoord.

Die ANC, opposisiepartye en ontleders het gewaarsku Donderdag se voorval, toe EFF-LP’s vraetyd aan pres. Jacob Zuma ontwrig het en die parlement verdaag moes word, kan hom Dinsdag weer afspeel wanneer die Nasionale Vergadering weer sit.

Daar is ook gewaarsku die parlement moet tot elke prys die situasie op die parlementêre terrein ontlont, “want Suid-Afrika kan nie bekostig dat dié spanning in die strate uitgewoed word nie”.

Jackson Mthembu, ANC-LP, het reeds gewaarsku die ANC-LP’s se dissipline is nie sonder perke nie en het ’n beroep op Baleka Mbete, speaker, gedoen om dringend teen die EFF op te tree om “voorvalle waaroor almal spyt sal wees, te voorkom”.

Die agenda vir Dinsdag se sitting sluit onder meer in spreekbeurte vir LP’s wat hulle waarskynlik oor die voorval sal uitlaat.
Die DA dien ook ’n mosie in oor die ekonomie.

Daar sal Woensdag twee verdere sittings wees wanneer ministers in die veiligheidsgroep (soos die polisie) LP’s se vrae beantwoord. In Donderdag se sitting sal LP’s weer spreekbeurte kry.

Mbete het ná Donderdag se ontwrigting gesê die kwessie gaan verwys word na die parlement se komitee vir magte en privilegie wat kwessies soos ­dissipline hanteer, sodat “elke party wat in die Nasionale Vergadering verteenwoordig word insette kan lewer oor die kwessie sodat die parlement se waardigheid beskerm kan word”.

Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, wou hom nie gister uitlaat oor wat hul plan vir Dinsdag is en of hulle die reëls gaan gehoorsaam nie, maar die party het dit die afgelope week duidelik gemaak hy gaan nie sy gedrag temper nie.

Dit sal die tweede keer wees dat dié komitee EFF-LP’s sal ondersoek. Julius Malema, EFF-leier, is in Junie uit die Nasionale Vergadering gejaag omdat hy nie uitlatings wou terugtrek nie oor “die ANC-regering wat Marikana-mynwerkers vermoor het”.
Die EFF het die parlement nou hieroor voor die hof gedaag.

Die veelpartykomitee bestaan uit ses ANC-LP’s, twee LP’s van die DA, een van die EFF, asook twee LP’s van kleiner partye.
Die komitee kan onder meer ’n lid wat skuldig bevind word aan minagting van die parlement met ’n boete of tydelike skorsing straf.

Volgens Moloto Mothapo, ANC-koukus-woordvoerder, is dié komitee en die bestaande reëls van die parlement voldoende om “seker te maak dié laakbare gedrag word nie herhaal nie”.

“Die belangrikste ding is om ons met die reëls van die parlement waaroor alle politieke partye ooreengekom het, te vereenselwig.”
Maar John Steenhuizen, DA-hoofsweep, het gesê om teen die EFF op te tree “is net ’n halwe oplossing wat die simptoom en nie die oorsaak van die probleem oplos nie”.

Volgens hom is daar ’n ad hoc-komitee nodig wat spesifiek ondersoek moet instel na die institusionele uitdagings soos parlementêre reëls wat nie voldoende verseker dat die president en ministers behoorlik op vrae reageer nie.

“Dít is die oorsaak en die EFF-voorval is net ’n simptoom.

“Die president en minister kom sit in die parlement en maak asof hulle nie hoef vrae te beantwoord nie en die speaker beskerm hulle.
“Vraetyd in die parlement is die belangrikste manier om die president en ministers onvoorbereid te laat antwoord op die tawwe vrae, maar dié proses word deurgaans gepootjie met halwe antwoorde.”

Ook Malema het die afgelope week gesê parlementêre reëls word gebruik om Zuma en die ANC te beskerm.

Dr. Piet Croucamp, politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, stem saam die probleem lê by institusionele tekortkominge.
“Frustrasie het oor ’n lang tyd opgebou onder alle opposisie-partye omdat vrae nie behoorlik in die parlement beantwoord word nie.”
Hy het gemaan die parlement moet versigtig oorweeg hoe hy die EFF-situasie gaan ontlont, want om elke keer teen hulle op te tree gaan dalk die kwessies wat belig word net strate toe stuur.
Ook Ralph Mathekga, onafhanklike ontleder, het gemaan die proses moet reg bestuur word.
“Dit is ook nie nou die tyd vir die ANC om arrogant met hul meerderheid te wees nie.
“Die spanning kan maklik na gemeenskappe oorspoel en daar uitwoed – en die ANC gaan polities die seerste kry.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 475 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1037 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE