Share

Ry op sy rug, grawe hom op, klim in sy eier

Hulle het meer as 100 miljoen jaar oor die aarde geheers.

Toe sterf hulle sowat 66 miljoen jaar gelede uit.

Net ’n paar spesies het die massa-uitwissing oorleef en het intussen evolueer tot ­voëls, maar nou is 44 “lewende” en wetenskaplik korrekte dinosourusse vir ’n maand lank in Johannesburg te sien.

Die tentoonstelling open Vrydag in die Sandton-konferensiesentrum en verskuif daarna van 31 Julie tot 20 Augustus na die Kaapstad- Internasionale Konferensiesentrum (Kiks).

Besoekers sal teruggevoer word na die prehistoriese tyd toe dinosourusse geleef het.

Hulle sal tussen die brullende en bewegende diere oor ’n nagemaakte savanne met vulkane, watervalle en oerwoude kan rondloop.

Die lewensgrootte dinosourusse is volgens streng spesifikasies in samewerking met paleontoloë gemaak.

Hulle is in Suid-Amerika en China vervaardig en sommige weeg ’n ton. Die grootste is ’n Tyrannosaurus rex van 13 m.

Die tentoonstelling sluit ’n 3D-rolprentteater en ’n paleontologiese opgrawingsterrein in.

Die jonger besoekers kan selfs in ’n dinosourus-eier klim of op een van die diere se rug ry.

45 000 kaartjies is reeds verkoop.

* “Days of the Dinosaurs” word aangebied deur Huisgenoot, You en Drum in samewerking met Cell C. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Kaartjies kos R140 (volwassenes) en R95 (kinders tot 18 jaar).


Dié twee T-Rexe is gisteroggend uit ’n reuse-houer gehaal en sal van Vrydag tot 20 Julie in die Sandton-konferensiesentrum ten toon gestel word. Foto’s: Denzil Maregele


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1126 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1204 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
+0.4%
Rand - Pound
23.92
+0.1%
Rand - Euro
20.53
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.48
+0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.5%
Platinum
915.80
+0.4%
Palladium
1,010.50
+0.6%
Gold
2,321.07
+0.2%
Silver
27.24
+0.3%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,574
0.0%
All Share
74,514
0.0%
Resource 10
60,444
0.0%
Industrial 25
104,013
0.0%
Financial 15
15,837
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE