Share

SA lyke uit Nigerië kan R20 m. kos

Dit is ’n logistieke nagmerrie om die lyke van die 84 Suid-Afrikaners wat in die kerktragedie in Lagos omgekom het, terug te bring.

Dit kan die regering nagenoeg R20 miljoen kos.

’n Span van die weermag en die departement van gesondheid het die afgelope week begin met die beplanning om ’n Antonov 124-supervragvliegtuig te huur om die lyke te gaan haal.

Vier koeltrokke aan boord sal gebruik word om die oorskot koel te hou vir die terugvlug Suid-Afrika toe.

So ’n vliegtuig kan net in Rusland bekom word en verhuringsagentskappe van vliegtuie in Europa het die afgelope week vervaard na ’n beskikbare een begin soek.

Die datum vir die repatriasie van die oorskot is nog nie bepaal nie, maar aanduidings is dat dit teen die einde van die week sal wees.

Die 84 Suid-Afrikaners was onder die 115 mense wat op 12 September gesterf het toe ’n multi-verdieping-gastehuis van TB Joshua se The Synagogue Church of All Nations in Nigerië ineengestort het.

’n Spesiale forensiese span onder leiding van brig. Leonie Ras, ’n internasionale kundige in slagoffer-identifikasie, het al 65 van die Suid-Afrikaanse slagoffers geïdentifiseer.

Prof. Gert Saayman, forensiese spesialis by Tukkies en hoof-staatspatoloog, werk saam met Ras.

Die vliegtuigkoste is so hoog omdat dit eers van Rusland af moet kom om die vier koeltrokke in Suid-Afrika op te laai.

’n Span van 70 van die militêre gesondheidsdiens en die departement van gesondheid sal die trokke vergesel.

Die Antonov kan minstens 120 ton vrag vervoer en het ’n reikafstand van minstens 4 650 km.

Dit kan dus direk Lagos toe vlieg.

Volgens vliegtuigkenners sou die huur van twee Ilyushin 76-vragvliegtuie veel goedkoper gewees het, maar die hoogte van die koeltrokke (3,6 m) sou dit nie in dié kleiner vliegtuie laat inpas het nie.

Die Russiese weermag bedryf ’n vloot Antonovs en sou Suid-Afrika kon uithelp.

Kenners betwyfel dit egter of die Nigeriese regering sal instem dat ’n Russiese militêre vliegtuig in Lagos land.

Die Suid-Afrikaanse lugmag het die afgelope week met ’n Hercules C-130-vragvliegtuig die handjievol beseerdes gaan haal, maar dié vliegtuig kan ook nie ’n koeltrok huisves nie.

Die lugmag het géén ander swaarvragvermoë nie.

Gewoonlik verkies baie naasbestaandes dat gestorwe geliefdes in die buiteland veras word omdat dit aansienlik goedkoper is.

Maar tradisionele begrafnis­rituele veroorsaak in dié geval dat die regering die kerktragedie tot ramp verklaar het.

Die koste word dus uit die regering se rampfonds gedek, het Rapport verneem.


Twee kinders wat in die ineenstorting van die gastehuis in Nigerië beseer is kom in Suid-Afrika aan.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 285 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 601 votes
Vote
Rand - Dollar
19.23
-0.4%
Rand - Pound
23.91
-0.3%
Rand - Euro
20.48
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.4%
Platinum
942.30
-0.9%
Palladium
1,009.00
-2.0%
Gold
2,380.81
+0.1%
Silver
28.25
+0.1%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,672
-0.8%
All Share
72,726
-0.7%
Resource 10
62,950
-0.6%
Industrial 25
97,616
-0.8%
Financial 15
15,372
-0.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE