Share

Sanet, Sarita en Sandra: Stonehouse ontken blonde vrou is die rede vir sy egskeiding

Die ink was skaars droog op die egskeidingsooreenkoms van ­Jimmy Stonehouse, die Pumas-hoofafrigter, of daar is reeds ’n nuwe blonde vrou aan die sy van dié spier­koning van Suid-Afrikaanse rugby.

Daar word wyd in Laeveld-kringe gegis oor hoe lank Stonehouse al in ’n verhouding met die aanvallige voorkomskonsultant Sandra Steinhobel is.

Hy het die afgelope week ontken Steinhobel was die rede vir sy egskeiding.
“Ek sien maar nou eers vir Sandra,” sê hy.

Sarita Stonehouse, die ma van ­Gert van Schalkwyk, een van die Waterkloof-vier-moordenaars, sê sy weet Stone­house en Steinhobel word gereeld saam in die openbaar gesien.

Hulle was amper agt jaar lank getroud en hul huwelik is deur die uitmergelende en sensasionele moordverhoor van die Waterkloof-vier beproef.

Kort nadat haar seun tronk toe gestuur is, is kanker by Sarita gediagnoseer.

“My geloof is sterk en dra my deur die beproewinge en uitdagings wat oor my pad kom,” sê sy.
Die probleme in hul huwelik, sê bronne in die binnekring, het begin nadat die Pumas in Oktober verlede jaar na Mbombela (Nelspruit) verskuif het.

Sarita, die handelsmerkbemarker van die Woodhill Country Estate, het nie saam met haar man verhuis nie.

“My kinders, kleinkinders en bejaarde vader is in Pretoria en ek sou nie ’n soortgelyke betrekking in Nelspruit kon kry nie. Dit is heeltemal onwaar dat ek my beroep bo my huwelik gestel het.”

In Februarie het sy nog ’n foto van haar en Stonehouse op haar Facebook-blad geplaas ná ’n Pumas-oorwinning.
“Ek is so trots op my man,” lui die onderskrif.

In Julie het Steinhobel ’n foto van haar en Stonehouse op háár Facebook-blad geplaas. Dit is in ’n biertent by die Innibos-fees in Mbombela geneem.

Stonehouse se arms is liefderik om haar gevou.

Volgens ’n bron na aan die Pumas-kamp het Stonehouse al sedert verlede jaar saam met Steinhobel by geleenthede opgedaag.
Dit het onlangs gegons toe Stone­house met ’n potblou oog op ’n regstreekse SuperSport-rugbyuitsending te sien was.

Daar is bespiegel dat ’n voormalige vriend van Steinhobel hom geslaan het.

Jimmy Stonehouse jr., sy seun uit sy eerste huwelik, het op Twitter ­vure doodgeslaan:
“My pa was vir ’n oogoperasie. Hy is nie geslaan nie.”

Jenny Brewis, die voormalige Stonehouse-egpaar se prokureur, bevestig hulle is vroeër vanjaar geskei.
Brewis sê dit was ’n gesamentlike besluit.

“Die afstand tussen hulle, hul afsonderlike verpligtinge en belange en die afwesigheid van kommunikasie met mekaar die afgelope twee jaar het sy tol geëis.”

Dit is Stonehouse se tweede huwelik wat misluk het. Hy is in 2005 van sy eerste vrou geskei.

Hy is in 1998 aangestel as rugbydirekteur by die Hoërskool Waterkloof in Pretoria. Sy vrou, Sanet, was ’n wiskunde-onderwyser.
Gert het toe skolerugby gespeel, en ­Stonehouse het ­Sarita by ’n wedstryd ontmoet.

“Dis nie waar dat Jimmy Sanet vir ­Sarita gelos het nie.
“Hul huwelik was verby toe hy Sarita ontmoet het,” sê Brewis.

Sanet is intussen met die kabaretster Elzabé Zietsman se broer getroud.

Volgens Brewis is Sarita en haar eks steeds vriende en het hulle wedersydse respek vir mekaar.
“Hulle sien mekaar gereeld en gesels oor die foon. Sarita is steeds ’n groot Pumas-ondersteuner.”

Rapport het verskeie boodskappe vir Steinhobel gelos, maar teen druktyd het sy nie gereageer nie.

Nog ’n lid van die Waterkloof-vier, Christoff Becker, se ouers is in Januarie vanjaar geskei. Dr. Christoff Becker en Mariëtte het bevestig hul huwelik is verby, maar hulle wou nie redes daarvoor verskaf nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 485 votes
No! It's time to move on ...
35% - 264 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE