Share

Sanger eis by Innibos nadat steil trap hom ‘pootjie’

Die sanger se aardskuddende val het hom tienduisende uit die sak gejaag. Nou eis hy dat die Innibos-fees betaal vir sy pyn, lyding en sy kitaar wat onherstelbaar beskadig is.

Die sanger Anton Botha, wat bekend is om sy liedjie “Jakaranda”, het op die eerste dag van die kuns­tefees, wat in Julie in Mbombela (Nelspruit) gehou is, op die Hit Factory Records-verhoog opgetree.

Ná sy optrede het hy van die steil trappies wat na die verhoog gelei het, afgeklim. Sy voet het gegly en hy het met ’n harde slag geval.

Hy moes ’n chiropraktisyn twee keer besoek en het ook sy been beseer.

Sy kitaar, wat sowat R45 000 werd is, het saam met hom geval. “Ek kan nie meer die kitaar bespeel nie en wil dit nie graag afskryf nie. Ek wil net graag hê die Innibos-feesbestuur moet vir die skade betaal,” sê hy.

Andy Lubbe, feesbaas, sê hulle aanvaar volle verantwoordelikheid vir die voorval. “Ons het openbare aanspreeklikheidsversekering.

“Ons sal die eis instel en hulle sal dan die meriete van die voorval ondersoek en besluit of hulle betaal. Ek vertrou dit sal wel gebeur. Ons sal ons bes doen om Anton se skade tot so min as moontlik te beperk.”

Anton sê hy weet nie wie die verhoog opgerig het nie, maar die trappies was steil, hoewel “nie onstabiel nie”.

Lubbe meen hulle was nie nalatig nie. “Die trappe was redelik steil, maar al die ander kunstenaars en die tegnici het dit gebruik en niemand anders het geval nie.

“Ons het die trappe ná die voorval verander sodat dit minder steil is. Ek dink dit was bloot ’n ongeluk.”

Lubbe sê dit is die eerste keer in 11 jaar dat ’n sanger ná ’n optrede hier beseer is.


Anton Botha
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 479 votes
No! It's time to move on ...
35% - 263 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE