Share

Sentrums onder beleg van diewe

Hulle stap by ’n winkelsentrum in, tot die tande toe bewapen. Hulle huiwer nie om te skiet nie. Binne minute is hulle weer weg.

Dit is die polisie se groeiende kopseer: Bendes wat hulle veral toespits op selfoon- en elektronika-winkels.

En hulle het dalk hul visier op die winkelsentrum waar jy jou inkopies doen.

Binne ’n jaar het die getal rooftogte by winkelsentrums volgens die Raad op Verbruikersgoedere met 60% toegeneem.

Aanduidings is dat dit sedertdien nóg toegeneem het.

Net in die afgelope twee maande was daar minstens 11 sulke rooftogte in Gauteng en ’n kapingsdrama buite die ­Mimosa Mall in Bloemfontein. In Mei is ’n juwelierswinkel naby die V&A Waterfront in Kaapstad beroof.

Nou het die Gautengse polisie oorlog verklaar. Teen gister was agt verdagtes in hegtenis, vyf op wapenklagte en drie in verband met rooftogte by iStore-winkels by die Glen-, Cresta- en Centurion-winkelsentrum.

’n Duidelik bekommerde lt.genl. Lesetja Mothiba, Gautengse polisiehoof, het die afgelope Dinsdag by ’n mediakonferensie gesê sentrum-rowers moet gestuit word – al beteken dit die polisie se pantservoertuie moet voor elke sentrum wagstaan.

“My gunstelingsentrum is Menlyn (in Pretoria). Maar as ek soontoe gaan, sien ek bykans nooit wagte of polisielede nie,” sê Mothiba.

Woensdag was ’n pantservoertuig voor die Cradlestone-winkelsentrum in Roodepoort geparkeer, maar volgens winkeleienaars het hulle nooit polisielede bespeur nie.

“Ons is al twee keer in vier maande beroof. Ná die eerste voorval het ek twee dae lank polisie in die winkelsentrum gesien, maar daarna niks. En raai wat? Ons is onlangs wéér beroof. Die skade beloop al amper ’n halfmiljoen rand,” sê Jarryd Cumberlege, bestuurder van die Samsung-winkel in dié sentrum.

Daar is nie ’n eenvoudige oplossing nie. Suid-Afrika het sowat 100 groot winkelsentrums, waarvan die helfte in Gauteng is.

Elkeen is ’n potensiële teiken vir roofbendes. Sowat 95% van die onlangse rooftogte was by tegnologie- of selfoonwinkels. Die ander teiken is juwelierswinkels.

“Winkels wat gereeld geteiken word, moet in een gebied saam gegroepeer word en daar moet heeltyd polisielede en veiligheidswagte wees,” sê Cumber­lege.

Dr. Johan Burger, senior navorser aan die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), stem saam die oplossing is om teikenwinkels so ontoeganklik moontlik te maak vir rowers.

Winkels moet hulself onaantreklik maak deur min kontant en net genoeg voorraad aan te hou.

Om sentrums te herontwerp is duur en gaan lank vat.

“Metaalverklikkers en gewapende wagte kan die situasie vererger deurdat rowers dan meer geweld sal gebruik om toegang tot die sentrum te kry.

“Die laaste ding wat enigeen wil hê, is ’n oor-en-weer-skietery in ’n winkelsentrum, sê hy.

“Dis ’n nasionale probleem, maar Gauteng loop die ergste deur. Die polisiekommissaris doen sy woord gestand en is reeds besig om voor te berei vir die vakansietyd. Die onus rus egter op winkelsentrums om wagte en karwagte dop te hou en druk op veiligheidsmaatskappye te plaas.

“Inkopiegangers het ook die reg om te kla as hulle sien ’n kitsbank is onbewaak of as hulle onveilig voel,” sê Simi Pillay-Van Graan, hoof van Business Against Crime, namens die Suid-Afrikaanse Raad van Winkelsentrums (SACSC).

Sy meen dis deesdae beter om elektroniese toerusting te bestel en tuis te laat aflewer.

“Daar is ’n gevoel van hulpeloosheid onder sentrumbestuurslede,” sê Aki Kalliatakis, sakekonsultant van Leadership Launchpad.

“Mense bly toenemend tuis en ondersteun winkelsentrums al hoe minder. Ons noem dié neiging ’n kokonbestaan. Dis veiliger om jou inkopies oor die internet te doen.”

Christa Spoelstra, ’n DA-raadslid wat al twee keer die slagoffer van winkelrooftogte was, sê sy sal veiliger voel as daar metaalverklikkers is en handsakke geskandeer word.

“Dis nie lekker nie, maar mense sal dit gewoond raak.”

Kalliatakis sê winkelsentrums moet ophou om bekommerd te wees oor hul beeld en liewer sosiale media gebruik om inkopiegangers ingelig te hou oor verdagtes en rooftogte.

“Hang foto’s van vermeende rowers in winkelsentrum. Só wen jy mettertyd klante se vertroue.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1032 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1102 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE