Share

Skotland: Dis bitter naby...

Moet Skotland ’n onafhanklike land wees?

’n Raps meer as 4 miljoen stemgeregtigde Skotte se antwoorde op dié kritieke vraag kan Donderdag die land se 307 jaar oue politieke verbondenheid aan die Verenigde Ko­ninkryk (VK) eensklaps tot ’n einde bring.

Enkele dae voordat Skotse kiesers voor die belangrikste keuse in hul land se geskiedenis te staan kom, blyk dit egter die Nee-veldtog wat wil hê Skotland moet deel van die VK bly, is ’n kortkop voor die Ja-span wat onafhanklikheid soek.

In ’n peiling van die navorsingsmaatskappy Survation is bevind die Nee-veldtog geniet nou die steun van 54% van die Skotse kiesers.

In die peiling is ook bevind 40% van die Skotse kiesers glo hulle sal geldelik slegter daaraan toe wees as Skotland die VK die rug toekeer terwyl net 27% glo onafhanklikheid sal goed wees vir hul beursies.

Maar peilings is net peilings en die uitslae kan enige kant toe gaan, maan kenners.

Die Skotse Nasionale Party (SNP) en sy leier, Alex Salmond, eis onafhanklikheid omdat hulle onder meer glo Skotland kan dienste soos die nasionale gesondheidsdiens beter op hul eie bestuur.

Hulle meen ook ’n onafhanklike Skotland is geregtig op die leeue-aandeel van die land se lonende olie- en gasvelde in die Noordsee en dat dit onregverdig is dat die winste met die res van die VK gedeel word.

Die Nee-veldtog sê egter dit het ekonomies sin vir Skotland om deel te bly van een van die grootste ekonomieë ter wêreld en dat onafhanklikheid groot finansiële gevare inhou.

Allerlei bekende Skotte maak verwoed voorbrand vir die een of die ander veldtog.

Die akteur Sean Connery wil ’n onafhanklike Skotland hê:

“As ’n Skot en as iemand met­ ’n lewenslange liefde vir Skotland... glo ek die geleentheid vir onafhanklikheid is net te groot om mis te loop,” het Connery gesê.

J.K. Rowling, skrywer van die Harry Potter-reeks, meen egter onafhanklikheid kan Skotland duur te staan kom.

Sy het vroeër £1 miljoen (bykans R18 miljoen) aan die Nee-veldtog geskenk.

“Hierdie skeiding sal nie maklik of skoon wees nie. Dit sal mikro-chirurgie verg om drie eeue van nabye interafhanklikheid ongedaan te maak, waarna ons met drie ongelukkige bure te make sal hê,” het Rowling laat blyk.

Die felle wedywering tussen die twee referendumveldtogte het ook tot dusver plek-plek ­tot voorvalle van intimidasie, beledigings en selfs geweld gelei.

Saamgestel deur Pieter-Louis ­Myburgh uit The Telegraph, The Guardian en Reuters.

* Lees meer oor die referendum in vandag se Weekliks. Kliek hier.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think Minister Blade Nzimande made the right call to dissolve the NSFAS board?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, NSFAS mismanagement is costing students
34% - 429 votes
No, it's suspicious given that he's implicated
66% - 827 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.2%
Rand - Pound
23.66
-0.2%
Rand - Euro
20.23
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
981.10
+0.5%
Palladium
1,032.50
+0.9%
Gold
2,390.33
+0.3%
Silver
28.35
-1.8%
Brent Crude
90.10
-0.4%
Top 40
66,902
-2.1%
All Share
73,000
-2.0%
Resource 10
61,638
-3.5%
Industrial 25
98,321
-1.8%
Financial 15
15,650
-1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE