Share

Skrywer raak die ‘Laan’ byster

Die aktrise Amor Tredoux (58) is voor ’n keuse gestel: ’n skryfkontrak met 7de Laan of ’n rol in Binnelanders.

Nou is haar interne stryd ’n hofstryd.

Uiteindelik het Tredoux besluit om voor die kamera te wees. Haar kontrak met 7de Laan is summier beëindig.

Tredoux dagvaar Danie Odendaal Produksies, die vervaardiger van 7de Laan, om vergoeding omdat sy meen haar kontrak is onregmatig beëindig.

Sy voer aan sy is ’n onafhanklike kontrakteur en kan dus enige werk doen.

Danie Odendaal Produksies sê egter haar skryfkontrak het duidelik bepaal daar mag nie belangebotsings wees nie, en Binnelanders is ’n mededinger.

Tredoux is ’n lid van die Suid-Afrikaanse akteursgilde (Saga) en word deur die gilde bygestaan.

Volgens Hans Strydom, wat die rol van At Koster in Binnelanders vertolk en voorsitter van Saga se regsafdeling is, is dit die eerste keer dat ’n akteur ’n saak teen ’n vervaardiger so ver kon voer.

Tredoux, wat al in bekende dramas soos Erfsondes en Feast of the Uninvited gespeel het, sê in die hofstukke Odendaal skuld haar R108 330 – die geld wat sy kwyt is omdat haar kontrak vroeg beëindig is.

Odendaal het haar kontrak op 28 Maart 2011 gekanselleer.

Amor het, voordat sy haar skrywerskontrak by 7de Laan verloor het, Odendaal so te sê gesmeek om haar toe te laat om in Binnelanders te speel.

“Asseblief, hoor my. Ek het nodig om hierdie rol by Binnelanders te doen. Ek voel dit in my diepste wese,” het sy aan hom geskryf.

“Ek onderneem dat dit nie probleme met my skryfwerk se spertye sal veroorsaak nie.”

Colin Howard, lynvervaardiger van Danie Odendaal Produksies, het egter daarna in ’n brief aan haar daarop gewys dat sy in haar kontrak onderneem het om nie sakebelange na te jaag wat meeding met 7de Laan nie.

“7de Laan is ’n SAUK-uitsending wat primêr Afrikaanse kykers teiken. Binnelanders, ’n uitsending op kykNET, teiken dieselfde gehoor,” het Howard aan haar geskryf.

Hy het ook daarop gewys dat sy as ’n draaiboekskrywer kennis van 7de Laan se storielyn dra.

Howard het haar ook herinner aan 7de Laan se streng spertye.

Hy het gesê as sy die rol aanvaar, sal sy nie haar plig volgens die standaarde van 7de Laan kan nakom nie.

Dít sal teenstrydig met haar kontraktuele verpligtinge wees.

Tredoux het in haar eis geantwoord dat sy as vryskutskrywer gekontrakteer is, en dat dit haar grondwetlike reg is om haar beroep as sulks vrylik te beoefen deur as aktrise ’n rol in ’n ander produksie te vertolk, “selfs al sou daardie produksie meeding om dieselfde gehoor as 7de Laan”.

Die partye was die afgelope week nog besig met onderhandelings. Die saak sal Woensdag aangehoor word indien die onderhandelings misluk.

Tredoux, wat die rol van dr. Tertius Jonker se ma in Binnelanders vertolk het, sê sy het intussen ook ander dinge waarmee sy haarself besig hou.

“Ek doen tans navorsing vir die produksie van ’n jeugprogram waarmee my man besig is.

“Tussendeur skryf ek, en ek speel ook nou en dan ’n rol hier en daar,” sê sy.

Volgens Ernst Swart, woordvoerder van Binnelanders, was haar rol nooit ’n permanente een nie. “Dit was slegs deel van ’n oorkoepelende storielyn.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 414 votes
No! It's time to move on ...
35% - 226 votes
Vote
Rand - Dollar
19.05
+0.9%
Rand - Pound
23.81
+0.6%
Rand - Euro
20.42
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
918.30
+0.7%
Palladium
981.00
-2.4%
Gold
2,326.09
+0.4%
Silver
27.29
+0.5%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE