Share

Skurke kry bestellings vir kleur, model, sê navorser

Die meeste motorkapings in die land word deur sindikate gereël wat ’n spesifieke model of kleur voertuig in die hande probeer kry nadat hulle ’n bestelling daarvoor ontvang het.

In baie gevalle word vals registrasiedokumente vooraf bekom sodat dit makliker is om die inligting op die verkeersowerhede se stelsel in te voer.

Sy eie navorsing, asook die polisie se statistieke, bewys dit, sê dr. Rudolph Zinn, professor in polisiëring en forensiese ondersoeke aan Unisa wat die afgelope tien jaar navorsing oor voertuigkapings doen.

Sy ondersoek het onderhoude met gevonniste kapers in tronke ingesluit.

Voertuigkapings is weer in die soeklig ná die dood van die vierjarige Taegrin Morris in Boksburg. Taegrin se ouma, Sylvia Japhta, het Maandag aan SAUK-nuus gesê die motor, ’n Golf 6 GTI, is waarskynlik bestel.

Die gewildheid van dié model is ook in die Oscar Pistorius-hofsaak genoem.

Pistorius het getuig dat hy sy neef afgeraai het om uit Durban na Johannesburg te kom in sy nuwe Golf GTi weens die kapingsgevaar.

Zinn meen dit is onregverdig om ’n spesifieke voertuig as die gewildste model vir kapers uit te sonder.

Hy sê alle soorte voertuie word die een of ander tyd gesteel.

“Dit is gegrond op die vraag en aanbod van die mark, ook watter onderdele benodig word en hoe maklik dit is om ’n model te kaap of te steel.”

Zinn sê 50% van die luukse, duurder voertuie wat nie landuit geneem word nie, word in baie gevalle verkoop aan iemand wat so ’n voertuig soek, of aan twyfelagtige duikkloppers by kapwerwe (chop-shops) wat spesifieke onderdele soek.

“Dit verklaar hoekom baie ouer voertuie gekaap word. Daar is ’n aanvraag vir die onderdele,” sê hy.

Sy navorsing het getoon dat kapers gewoonlik uit ’n span van drie bestaan.

Die oorgrote meerderheid van kapings gebeur gedurende die dag, veral tydens spitsverkeer. Dis omdat dit in dié tyd makliker is om ’n spesifieke motor op te spoor.

Om die voertuig terug te sit in die mark benodig die sindikaat vervalste registrasiedokumente of ’n duplikaatsertifikaat, wat beteken dat daar korrupte metropolisielede ook moet wees.

“Dis ’n groot kommer. Motorkapings was tien jaar gelede sowat 16 000 per jaar en dit het in die laaste boekjaar drasties afgeneem tot 9 900. Dié syfer toon egter ’n toename van 5,4% teenoor die vorige boekjaar.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
100% - 1 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
0% - 0 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
-0.7%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.39
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
950.40
-0.3%
Palladium
1,028.50
-0.6%
Gold
2,378.37
+0.7%
Silver
28.25
+0.1%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE