Share

Staat kán uitsaaier finansier

Faith Muthambi, minister van kommunikasie, se “dringende taak” aan die SAUK-leierskorps om sy finansieringsmodel aan te pas mág nie ten koste van onafhanklikheid geskied nie, het kenners van die uitsaaiwese die afgelope week benadruk.

Muthambi het die opdrag die afgelope Dinsdag in haar begrotingstoespraak gegee, maar daar is min twyfel dat dié “aanpassing” uit die belastingbetaler se sak gaan kom.

Die ANC se amptelike beleid, soos op die party se konferensies verwoord, is ook dat die SAUK meer regeringsgeld moet kry.

Tian Olivier, die SAUK se waarnemende uitvoerende hoof, het ook voorverlede week in die parlement aangedui die SAUK gaan vra dat televisielisensiegeld (tans R265 per jaar) verhoog.

Tans kom die grootste deel van die SAUK se inkomste uit advertensies – net onder R5 miljard uit die 2012-’13-boekjaar se totale inkomste van R6,77 miljard. Televisielisensiegeld het sowat R900 miljoen beloop en regeringstoelaes sowat R200 miljoen. In die vorige boekjaar was laasgenoemde sowat R130 miljoen. In albei dié jare was die SAUK se inkomste minder as waarvoor begroot is.

Die openbare uitsaaier het ook teen April vanjaar ’n regeringsreddingsboei van sowat R1,4 miljard klaar afbetaal.

Volgens William Bird van Media Monitoring Africa het die SAUK dit grootliks gedoen deur plaaslike produksies te beperk.

Dít wys hoekom ’n nuwe finansieringsmodel nodig is.

Bird en ander kenners van die uitsaaiwese is dit eens dat ’n nuwe finansieringsmodel vir die SAUK meer as wenslik is – dit is noodsaaklik.

Hulle maan egter dit kan die uitsaaier sy onafhanklikheid laat inboet.

Bird het ’n groter regerings­bydrae verwelkom omdat die SAUK dan minder afhanklik van kommersiële belange sal wees.

Die uitsaaier kan dan fokus op sy mandaat om ’n waarlik openbare uitsaaier te wees.

Die kwessie is dus nie of die geld van die regering moet kom nie, maar hoe die model gestruktureer word om onafhanklikheid te verseker, sê hy.

Kate Skinner, sameroeper van die openbare-uitsaaier-steunveldtog (SOS), sê dit is vreemd dat Muthambi nou aangekondig het die SAUK se finansieringsmodel moet dringend aandag kry, siende dat ’n proses om die beleid oor inligting- en kommunikasietegnologie te hersien reeds aan die gang is. Nietemin glo sy die hersiening van die finansieringsmodel moet op goeie navorsing geskoei wees.

Sy sê maatreëls moet sorg dat die geld reg aangewend word.

Sy is bekommerd oor die ouditeur-generaal, wat in sy laaste hersiening van die SAUK se boeke nie ’n mening oor die geld­sake wou uitspreek nie. Dít is die slegste moontlike bevinding.

“Onafhanklikheid is noodsaaklik,” sê Skinner. “Daar moet geen ministeriële betrokkenheid wees by die aanstelling van SAUK-raadslede nie.”
Muthambi het verlede maand juis aangekondig sy wil die raad verklein en die parlement se magte om raadslede aan te stel en te ontslaan in haar kantoor vestig. Dít terwyl opposisiepartye reeds bekommerd is oor die raad se ANC-verbintenisse.

Nadat opposisie-LP’s Dinsdag in haar begrotingsdebat hieroor gekla het, het Muthambi teruggekap: “Ons is moeg om verskoning te vra dat ons die regerende party is.”

Prof. Arrie de Beer, van die Universiteit Stellenbosch se joernalistiekdepartement en voormalige SAUK-raadslid, sê openbare uitsaaiers wêreldwyd ontvang regeringsgeld, maar voeg by: “Die media wat die meeste vertroue in sterk veelparty-state inboesem, is egter dié wat in die openbare indruk die verste weg van die regering staan en ’n sterk beeld van onpartydigheid opgebou het.”

Gavin Davis, DA-LP, het in die begrotingsdebat verwys na die uitslae van navorsing wat die SAUK laat doen het. Die navorsing het gewys die meeste re­spondente het gevoel die SAUK se nuus bevoordeel die ANC.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1027 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1090 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE