Share

Steve is die ideale boer-keuse

Steve Hofmeyr speel die rol van ’n boer in die ­nuwe Afrikaanse fliek Treurgrond.

Dié titel is dieselfde as dié van ’n boek oor plaasmoorde, maar is nie op die boek gegrond nie – die fliek bevat slegs statistieke daaruit.

Hofmeyr sê hy het om verskeie redes ja gesê vir die rol.

“Dit pas in by my veldtog, waarvan plaasmoorde die belangrikste is. Ek hou ook van die draaiboek, want stereotipes word mooi vermy.”

Hy het ’n baard gekweek vir dié rol.

“Ek het nie die baard gegroei omdat boere baarde het nie, maar omdat ek wil hê mense moet weet dat dit die weerlose, bejaarde boer is wat aangeval word, nie die jonger boer nie.

“Dit pas aan by die statistieke.”

Hofmeyr voel Treurgrond gaan kykers ’n kans gee om die hand in eie boesem te steek.

“Vandat jy gaan sit en die fliek begin, moet ons nie vir jou vertel van die onheil nie, want dit broei al lankal. My karakter is ’n gewone boer, soos die ander, wat nie verwag dat sy plaas volgende aangeval gaan word nie.”

Hofmeyr sê hy sien veral uit na die stil oomblikke in die fliek en minder na die bloederige dele.

“Ek’s nie ’n groot aanhanger van te veel bloed nie en hoe ouer ek raak, hoe minder het ek die maag daarvoor.

“Die oomblikke waar ek en my plaasvoorman gesels oor die reën en wanneer die regte tyd is om te plant, is my gunsteling.”

Darrell Roodt, regisseur, draaiboekskrywer en vervaardiger wat in 1992 naam gemaak het met Sarafina!, behartig Treurgrond se regie.

Hy sê hoewel dié fliek nie oor politiek gaan nie, is dit moeilik om die kwessie van plaasmoorde en politiek van mekaar te skei.

“Toe ek die fliek vir die eerste keer gepitch het, was ek bekommerd oor die politieke aard van die storie.

“Plaasmoorde is eintlik meer ’n maatskaplike kwessie en ek wil glad nie in die fliek op die politiek fokus nie,” sê Roodt.

“Maar omdat dit vir so baie mense so ’n emosionele onderwerp is, is dit byna onmoontlik om die twee van mekaar te skei.”

Roodt meen Hofmeyr is die ideale keuse vir die hoofrol. Die hoofrol is ook rondom hom geskep.

“Ek dink baie mense het ’n wanindruk van Steve. Ongeag enigiets anders, is hy ’n baie talentvolle akteur, en omdat plaasmoorde ’n saak is wat hom na aan die hart lê, was hy die voor die hand liggende keuse vir die rol.”

Volgens Roodt is die belangrikste ding vir hom om kykers aan die dink te kry nadat hulle Treurgrond gesien het. Hy beklemtoon dat dit glad nie ’n dokumentêr is nie, maar ’n storie.

“Die prentjie van plaasmoorde is soveel groter. Daar is ’n algehele probleem in ons land met misdaad en moorde, maar mense moet besef dat boere ’n kardinale rol speel in die gemeenskap.

“Vir elke boer wat doodgemaak word, verloor ons ’n bietjie kos. Hulle moet opgepas word.”

* Die verfilming van Treurgrond begin môre. Die fliek is op 29 Mei 2015 in teaters.

Wen ’n ‘Treurgrond’-stelbesoek

Twee Rapport-lesers kan op 14 Oktober saam met hul metgesel die stel besoek waar die fliek Treurgrond geskiet word en Steve Hofmeyr en die ander akteurs ontmoet.

CMH Volvo Cars Pretoria sal die wenners in luukse motors vervoer en hulle bederf met ’n lekker ontbyt by die Forever ­Hotel @ Centurion.

Wenners kry ook ’n Thistlewood-geskenkpak, kaartjies na die Treurgrond-première en ’n Treurgrond-boek (met komplimente van Kraal Uitgewers) onderteken deur die akteurs.

Om in te skryf, stuur ’n e-pos na treurgrond@rapport.co.za met jou naam en kontakbesonderhede en sê in minder as 200 woorde waarom jy die stel wil besoek.

* Bepalings en voorwaardes kan hier gelees word.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 918 votes
No! It's time to move on ...
33% - 444 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.42
+1.6%
Rand - Euro
20.09
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.1%
Platinum
921.20
-0.5%
Palladium
960.00
-3.1%
Gold
2,334.53
+0.1%
Silver
27.25
-0.7%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE