Share

Steve se seun slaan rol los in Britse rolprent

Hy lyk net soos Steve Hofmeyr: dieselfde beneukte frons, saamgepersde lippe en ’n kyk wat sê: “Moenie met my sukkel nie.”

Dié wat hom goed ken, sê hy klink selfs soos Steve.

Ja, dit is Steve se middelseun, Devon Hofmeyr (20), wat in pappa se voetspore wil volg en “ ’n baie goeie akteur wil word”.

Dit lyk asof sy droom gaan waar word. Devon het die afgelope week ’n rol in ’n Britse fliek losgeslaan. Hy kan nie veel daaroor sê nie, maar hy speel glo ’n ­bose karakter wat Steve se karakter in die rolprent Platteland mak laat lyk.

Armand Hofmeyr, Steve se oudste seun, het reeds lankal roem op die verhoog gaan soek.

Anders as sy bekende pa en halfbroer wil ­Devon nie sing nie. “Dit is my passie om ’n akteur te word – ’n goeie een.”

Hy basuin dit nie uit dat hy Steve se seun is nie, sê hy. “Mense het soms vreemde verwagtinge as hulle hoor dat jy Steve se seun is. Dit kan baie gevaarlik wees.”

Devon het ná skool ’n dramakursus gedoen en sy lektor het gemeen dat hy ’n natuurlike akteur is.

Volgens Devon is Steve sy leermeester. “Soms sit ons laataand en werk aan ’n draaiboek of ’n monoloog.

“Hy demonstreer vir my hoe dit gedoen moet word.”

Devon het onlangs by Model Management in Pretoria aangesluit. Toe sien Loui Fish, die voormalige sosiale vlinder, hom raak en “skielik het deure net links en regs begin oopgaan”.

Een van sy groot drome is om as akteur teenoor sy pa te speel. “Ek weet net nie wie die bad guy tussen ons twee gaan speel nie. Ek sien baie uit na daardie dag.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1026 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1090 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE