Share

Talle onnies bedank

Daar heers wyd kommer in onderwyskringe oor die groot aantal onderwysers wat die laaste maande bedank het om klaarblyklik toegang tot hul pensioenfonds te kry.

“Hulle neem hul pensioengeld, koop ’n huis en betaal hul skuld af en gaan dan terug na hul onderwysposte,” het ­Mugwena Maluleke, sekretaris-generaal van die vakbond Sadou, Vrydag aan Rapport gesê.

Die onderwysers, sowel as ander staatsamptenare, is blykbaar bevrees dat hulle hul pensioene kan verloor wanneer sekere regulasies van die Owerheidswerknemerspensioenfonds (OWPF) volgende jaar in werking tree.

Die hervormings is onder meer daarop gemik om te help keer dat werknemers ná vroeë bedanking hul pensioenvoordele neem en vir ander doeleindes gebruik.

Sadou, die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), die Nasionale Professionele Onderwysorganisasie (Naposa) en die National Teachers Union (Natu) probeer keer dat onderwysers bedank. Maar “selfsugtige finansiële makelaars” versprei glo leuens onder staatsamptenare ten einde ’n goeie kommissie te verdien.

Die OWPF het boonop meer as R1 miljard belê in African Bank wat op die rand van ondergang is. Vrese bestaan dat dít verdere onrustigheid onder staatsamptenare kan veroorsaak.

Dié bank se aandeelprys was Vrydag 35c, 94% laer as die vorige week se R6,28.

Teen eergister was die OWPF-belegging dus maar sowat ­R50 miljoen werd, het Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SAOU, Vrydag gesê.
Volgens Klopper het die OWPF ook swak beleggings gedoen in Sanral (die tolpaaie in Gauteng) “met geen kans op ’n opbrengs tans nie, of plan om opbrengs in die toekoms te verseker nie”.

Klopper sê SAOU-lede is ook onrustig oor die gerugte om hul pensioenfonds. “Ons het egter nie grootskaalse paniekbedankings nie.”

Hy sê die pensioen­hervormings wat voorgestel word “is ook ’n teelaarde vir baie kwaadwillige gerugte”.

Die unie gaan more ’n skrywe aan hul lede stuur waarin die kwessie verduidelik word.

“Die nasionale tesourie het reeds etlike verklarings uitgereik wat dit onomwonde stel dat die gerugte gegrond is op die verkeerde interpretasie van verskillende voorstelle van pensioenhervormings,” sê hy.

Maluleke sê die onderwysers en amptenare vrees dat hulle nie hul eenderde-kontantbedrag by aftrede gaan kry nie, maar dis onwaar.

“Daar is geen rede om te bedank nie. Ons verloor ervare staatsamptenare, veral onderwysers,” sê hy.

Sadou het ook al twee verklarings uitgereik en onderwysers versoek om nie te bedank nie.

Allan Thompson, Natu-adjunkpresident, sê die bedankings is “ ’n baie ernstige probleem”.

Natu het die kwessie al op die hoogste vlak bespreek.

Omdat ander staatsamptenare, soos polisielede, ook dreig om te bedank sou Angie Mot­shekga, minister van basiese onderwys, die kwessie met ander departemente bespreek.

“Die probleem is dat die departement niks doen om onderwysers gerus te stel nie. Sommige oneerlike makelaars kry kommissie hieruit en dit frustreer ons,” sê Thompson.

Basil Manuel, president van Naposa, sê onwaarhede word versprei en Naposa het reeds twee kennisgewings aan sy lede gestuur.

“Ons is bekommerd dat onderwysers irrasionele besluite neem,” sê hy.

* Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) sê 419 onderwysers het van 1 Januarie 2014 tot 30 Junie 2014 bedank.

“Uiteenlopende redes word aangevoer,” sê Millicent Merton van die WKOD se departement van kommunikasie.

In vergelyking met die ooreenstemmende periode in 2013, het 30% (125) méér onderwysers in die eerste ses maande van 2014 bedank. Die Gautengse onderwysdepartement sê die departement stel tans statistieke saam oor bedankings “as deel van ons ­retensiestrategie”.

Elijah Mhlanga, waarnemende hoofdirekteur in die nasionale departement van basiese onderwys, sê: “Daar was sprake dat onderwysers bedank om hul pensioene te kry. Hulle dui egter dadelik aan dat hulle as onderwysers wil terugkeer.

“Die departement ontleed tans die situasie. Ons doen egter ’n beroep op onderwysers om nie ter wille van pensioenuitbetalings te bedank nie.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 419 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 886 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE