Share

Tereza Troskie trou weer

Twaalf jaar gelede het die rolprent- en sakemagnaat Boet Troskie in trane vertel hy dink sy vrou, Tereza, is nou in die arms van haar 22-jarige fiksheidsinstrukteur.

Twee weke gelede is Tereza (45) uiteindelik getroud met Bennie Herbst (nou 35).

Die troue was baie skielik, het die stralende mev. Herbst, wat op haar dag Mev. Suid-Afrika was, die afgelope week aan Rapport gesê.

God het een aand in die kerk met Bennie, deesdae ’n streek- verkoopbestuurder van ’n groot maatskappy, gepraat en toe weet hy die tyd is reg.

Toe hulle uit die Bloemfonteinse kerk stap, het hy sy verloofde gevra om oor twee maande te trou. En dit was só X ná ’n drie jaar lange verlowing.

“Ek het uit die foute van my eerste huwelik (met die 77-jarige Boet) geleer. Ek is oor niks spyt wat ek gedoen het nie.

“Ek sou niks wou anders hê nie,” sê Tereza.

Rapport het destyds berig hoe Boet en Tereza nog die aand voor Kersfees in 2001 hul huweliksbeloftes hernu het.

Slegs weke daarna het sy saam met Bennie Mosselbaai toe gegaan, hoewel albei volgehou het hulle is net vriende.

Die Troskies is in Mei 2002 geskei.

“Ek en Boet kom nou baie goed oor die weg,” sê Tereza.

Die Herbst-egpaar het voor 120 gaste “wat met die hand uitgekies is” by Tuscan Rose in Bloemfontein getrou.

“Die seremonie gaan gewoonlik oor die bruid, maar hierdie een het oor albei van ons gegaan. Dit was ’n viering van vriendskap.”

Op haar troudag was sy egter die middelpunt van aandag met haar rok van R40 000 van kristalle en vere wat in slegs vier dae “bymekaargesit is”.

Tereza sê sy het geweet ­Bennie is die persoon met wie sy die res van haar lewe wil deurbring toe hy baie goed met haar seun, James (16), oor die weg gekom het. “Ek het vir hom (Bennie) gesê ek kom in ? pakket. Bennie en my seun het ’n baie goeie verhouding en spesiale vriendskap.”

Die verskil van tien jaar tussen Bennie en Tereza is ook niks nie, sê sy.

“Age is only an attitude.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 538 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 767 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.2%
Rand - Pound
23.82
+0.4%
Rand - Euro
20.37
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE