Share

Tien wenners wys gesig op stel

Ballade vir ’n enkeling se rolprentstel het nou amptelik tien ekstra besoekers.

Die afgelope week het Rapport se span deur meer as 200 aansoeke gesif om die tien wenners aan te wys.

Elkeen van die aansoeke was besonders, maar op die ou end gaan Monico Boshoff (21), Da­niel Peter Adlam (25), Sheldon van Zyl (32), Trevor Vercellotti (42), Louis Barnard (40), Charlé Jacobs (19), Elizna van Staden (19), Chante Hendricks (19), Ria Prins (67) en Charlotte Noemdoe (46) die stel besoek en hul gesigte in die legendariese hermaak van die rolprent sien.

Hulle ontvang ook elk ’n kontantprys van R500 en ’n Kalahari.com-geskenkbewys ter waarde van R500 as wenners.

Prins het aanvanklik nie geweet wat is besig om te gebeur nie toe haar man haar een Sondag inlig dat sy iets moet gaan aantrek.

“Ek het hom gevra waarnatoe gaan ons en toe sê hy hy gaan ’n foto neem,” sê sy laggend.

“Ek het gedog julle sal al hierdie ou jongmensies kies,” sê Prins, wat onkant betrap was toe sy hoor sy is óók deel van die groep.

Sy onthou nog vir Jacques Rynhard toe Gavin van den Berg hom laat smeul het.

“Hy was so aantreklik.”

“Ag, my wêreld, ek dink ek sal dit gate uit geniet,” sê sy oor die geleentheid.

Jacobs gaan van Reddersburg in die Vrystaat af kom vir die geleentheid.

“Daai tipe ding gebeur mos altyd daar bo,” sê sy. Sy het ingeskryf, want daar was niks te verloor as sy dit nie gekry het nie. Haar ma het Vrydag na haar werk gegaan om die goeie nuus aan haar oor te dra.

“Toe sê my ma: ‘Jy’s gekies.’ En toe sê ek wát?!”

Dié 19-jarige sal graag vir Donnalee Roberts, wat die rol van die joernalis Carina Human in die rolprent vertolk, wil ontmoet.

Selfs een van haar kollegas, wat destyds die TV-reeks gekyk het, is al opgewonde, al spot haar boetie dat hulle gaan sê: “Kyk, die blondekop daar agter is Charlé.”

Van Zyl het uiteindelik die kans gekry om te doen wat hy nog altyd wou.

“Ek stel nog altyd belang in movies en daai klas dinge. Ek het net nog nie die geleentheid gekry nie,” vertel hy.

Die wenners sal van 15:00 op 1 September tot 05:00 op 2 September besig gehou word op die stel.

Hiervoor skrik Van Zyl nie. “Ek is gewoond aan deurnag, hoor! Ons sal maar sien wat gebeur.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 420 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 892 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE