Share

Tref voorsorg teen malaria as jy hiér reis

Mense wat die komende Paasnaweek in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Zimbabwe en Mosambiek wil gaan uitspan, moet liefs voorsorg tref teen malaria.

Dié waarskuwing kom te midde van ’n toename in die voorkoms van dié siekte en kort nadat ’n onderwyseres van Phalaborwa in die noordooste van Limpopo aan serebrale malaria gesterf het.

Hester Campbell (62) is Saterdag 31 Maart in die Mediclinic Nelspruit in Mpumalanga dood nadat serebrale malaria slegs vier dae tevore by haar gediagnoseer is, sê George Campbell, haar man.

Prof. Lucille Blumberg van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê daar was ’n styging in die getal malariagevalle, maar dit is nog nie ’n nuwe uitbreking nie.

In Maart is bykans 500 gevalle net in Limpopo aangemeld. Dit is bykans soveel as die 548 wat in die hele 2012 in dié provinsie aangemeld is.

“Daar was veral ’n toename in Phalaborwa, Giyani en Bosbokrand in Mpumalanga, maar die getal aanmeldings daal reeds.”

Luidens Nios se statistieke is 17 mense in Januarie en vyf in Februarie landwyd aan malaria dood. Die syfers vir Maart is nog nie beskikbaar nie.

Campbell, ’n gr. R-onderwyseres aan die Laerskool Phalaborwa, het in Januarie ’n dubbele mastektomie ondergaan nadat borskanker by haar gediagnoseer is.

Sy het op 20 Maart met chemoterapie begin en is ses dae later met hoë koors en erge moegheid in die Mediclinic Nelspruit opgeneem.

“Aanvanklik het hulle vermoed dit is newe-effekte van die chemo,” sê George.

Serebrale malaria is die volgende dag by haar gediagnoseer en sy is na die waakeenheid van die hospitaal oorgeplaas.

Campbell, ’n ouma van vier, is vier dae later dood.

“Sy was die wonderlikste mens wat ’n passie vir kinders gehad het,” sê George. Hy en Hester was 41 jaar en vier maande getroud.

“Ons weet nie waar sy die malaria opgedoen het nie,” sê hy en voeg by baie mense in Phalaborwa, wat in die malaria-gebied in Limpopo val, het malaria gehad.

Manie Kriel, ’n jare lange inwoner, sê hy kan nie onthou wanneer laas so baie mense die siekte daar opgedoen het nie.

Aptekers en dokters in die dorp, wat aan die Krugerwildtuin grens, is die laaste paar weke oorval deur mense wat óf positief getoets is vir malaria óf voorkomende medisyne gekry het.

In Desember is Grant en Glyn Nielson, ’n egpaar van Hoedspruit, vier dae ná mekaar aan malaria dood in ’n private hospitaal in Phalaborwa.

Adele van der Linde, ’n woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo, sê in Maart is bykans 500 voorvalle van malaria in die provinsie aangemeld.

“Die getal voorvalle wat aangemeld word, daal reeds, maar ons monitor die situasie,” sê Van der Linde.

Die toename in malaria word toegeskryf aan die baie reën wat sedert begin vanjaar daar geval het.

Dit het bygedra tot die uitbroei van malariamuskiete.

Op ’n onlangse konferensie in Johannesburg oor klimaatverandering het kundiges gewaarsku malaria kan moontlik ’n algemene verskynsel in Gauteng word. Dit word al hoe warmer en malariamuskiete floreer in hitte.

In Januarie is twee mense in Johannesburg, wat nie voorheen in ’n malaria-gebied was nie, aan die siekte dood.

Nios het gesê dit is moontlik dat hulle malaria opgedoen het van muskiete wat uit ’n malaria-gebied in ’n tas of voertuig in Gauteng beland het.




We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 944 votes
No! It's time to move on ...
33% - 463 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE